Verified Reviews
Sedgefield
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sedgefield
Rated 4.7 out of 5 based on 630 reviews.
"Ons het by Montecello geëet en dit is vir my een van die beste restaurante in die land. Die kos was ongelooflik.Sedgefield is 'n juweel van 'n dorpie op die Tuinroete. Verblyf en eetplekke is net die beste."
"'n Stil dorpie met pragtige uitsigte, uitstekende restaurante en vreeslik gerieflik geleë."
"Ons was buite seisoen daar, dit was rustig met lekker weer. Ek weet nie hoe besig dit in die spitsseisoen gaan wees nie."
"A great little town away from the hustle and bustle of big towns and not far from the other town. Great scenery. "
"Dit was ongelukkig winter en koud, so strande was uit, maar dis sentraal en, met die hulp van ons gashere, kon ons die distrik se vele unieke bestemming besoek en geniet."
"Was my eerste besoek aan Sedgefield. Mooi dorp. Alles wat jy nodig het is daar. Pick 'n Pay, geskenkwinkels, koffiewinkels, wasserye, troeteldierwinkels en baie dinge om te doen in die area. En dit is naby Knysna."
"Sedgefield is baie ideaal geleë, weg van die stad/dorp se geraas, maar tog naby genoeg om aktiwiteite by Knysna by te woon. Daarbenewens beskik Sedgefield self ook oor winkels wat mens op 'n daaglikse basis sal besoek vir enige benodighede. "
"Was nie self op die strand nie, maar lyk baie skoon met goeie swemplek en lekker stapplek."
"Dit is seker een van die mooiste strande in Suid Afrika!. Uitstekend vir visvang, nog meer geskik vir lekker lang ente se stap en sekerlik baie geskik vir swem saam met die kinders!!"
"Sedgefield is a very quiet and adoring little town ,if you want to relax its definitely the perfect place. For the adventurer in you it's a bit far from everything as you have to drive everywhere."
"Pragtige, stil vakansiedorp met baie vriendelike mense. Sal beslis weer daar gaan kuier."