Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"Mooi, ongerepte area. Gerieflik naby aan Port Shepstone en ander gewilde strande. Ek sal enige tyd weer in die area gaan vakansie hou."
"Baie sentraal geleë. Besige plek met heelwat restaurante en winkelsentrums. Paar swem strande binne ry afstand."
"Dit was my eerste keer by Trafalgar, die see en strand is heerlik. Dit voel of jy hier gaan rus. Dit was baie lekker."
"Oulike dorpie. Bly om te sien dat die polisie aktief in die area besig is om seker te maak dat als goed verloop."
"Verblyf naby winkelsentrums en nie te besig nie. Voel soos ons plekkie by die see."
"Ramsgate is 'n lekker gemeenskap met vriendelike mense en baie eetplekkies en winkels by mekaar. Die hoofstrand is bietjie besig vir my, maar die strand by die ski-boot klub 'n entjie verder is lekker rustig en is toegerus met lewensredders, 'n klein winkeltjie/restaurant en baie parkeerplek. "
"Lekkerste rustige strand. Mooiste rotse. Alles wat jy soek is binne loopafstand. Great plek."
"Skoonmakers moet beter skoonmaak. Daar was sand op en onder die banke en TV-kas. Kombuis het kosspatsels teen mure, kas en stoof gehad. Potte en panne was half gewas. Kombuiskaste is vrot en badkamer kort 'n nuwe toiletsitplek. Die een wat op is, is vreeslik grillerig. "
"Buiten vir die slegte toestand van die paaie, was dit heerlik om aan die Suidkus te kuier. Dis gerusstellend om gereeld die polisie op patrollie te sien, en die swemstrand is lieflik!"
"Ramsgate is 'n pragtige klein dorpie. Dit was my eerste keer om daar vakansie te hou en ek was aangenaam verras. Baie lekker swemstrand en dis naby aan baie ander toeriste aantreklikhede. Sal enige tyd Ramsgate aanbeveel as 'n vakansiebestemming. "
"Water tekorte het ongelukkig tans 'n negatiewe effek op vakansiegangers en toerisme. Hoop dit kan aangespreek word om te verhoed dat die effek op die omgewing verrykend sal wees."