Verified Reviews
St Lucia Estuary
All reviews have been left by TravelGround customers staying in St Lucia Estuary
Rated 4.6 out of 5 based on 853 reviews.
"So mooi die see koeie is natuurlik die grootse aantrekking van alles en die mense van die dorp is so verwelkomende."
"Op die (parkeerplekke by die) strand was dit nie baie skoon nie. Ons het die see geniet. Ook van die seekoeie en krokodille. Ons het lekker geëet by John Dories."
"Dit is asembenemend mooi! Ek sal almal aanraai om die rit op die vleiland mee te maak. Dit was die hoogtepunt van ons vakansie. Die bestemming is definitief die moeite werd!"
"Baie mooi, volop met natuur en Cape Vidal is net om die draai. Daar is baie buitelandse toeriste en hulle kan soms onbeskof."
"Beste bestemming om lekker vis te vang, die natuur en wild te geniet en lekker op die strand te baljaar!"
"It was not the same as it was years ago, there seems to be not much up keeping happening."
"St Lucia bly 'n pragtige dorpie, baie skoon en ek hou van die deursoek van die voertuie by al die belangrike plekke!"
"Ek is net hoogs bekommerd oor die riete wat die meer oorvat. Daar gaan drasties iets daaraan gedoen moet word en dan wat ongewoon was, was dat daar taxi's deur die straat gery het en baie geraas het. "
"Die besienswaardighede se tariewe is uitsonderlike hoog en onbetaalbaar veral as jy 'n groot gesin is. "
"As Rino Club kaart houers, het ons verkies om Cape Vidal toe te gaan."
"St Lucia is still an excellent place to go to. Very safe town. Specially nice to put checkpoints to make sure people do not take alcohol to the beach."
"Baie mooi en skoon dorp met alle winkels en restaurante wat mens benodig gedurende vakansie. Baie besienswaardighede. Moet nie alkohol na strande of Cape Vidal probeer neem nie, orals pad blokkades om jou te deursoek vir alkohol. Kan wel by Cape Vidal koop of by Boot Klub naby strand."
"Sal elke jaar daar gaan bly as ek kan. Was net baie teleurgesteld oor die een eetplek, maar andersins het ons baie lekker gekuier, hou so aan St Lucia Estuary."