Verified Reviews
St Lucia Estuary
All reviews have been left by TravelGround customers staying in St Lucia Estuary
Rated 4.6 out of 5 based on 853 reviews.
"Baie goeie bestemming en verblyf - hulle moet net vir mense waarsku oor die waterbeperkings/kwalitiet. Baie hartseer om die toestand van die St Lucia Estuary konstruksie te sien teen die strand. Maar dit bly 'n lekker vakansiebestemming."
"There are lots of things to do in St Lucia. A great learning experience as well."
"Go on a night drive with bright torches to shine into the trees but be aware that hippos roam the streets at night too."
"Dit is jammer dat die monding steeds toe is. Dit is baie duidelik dat dit na al die jare 'n negatiewe effek op die ekosisteem het. Die biesies gaan nog die hele meer toegroei as die mens nie ingryp en die monding weer oopmaak nie. Dit is teleurstellend dat die dorp se water nie drinkbaar is nie. Daar is te veel spoedhobbels wat so hoog is dat dit omtrent stoptekens is. Waarom al die vreeslike hobbels? Dis sowaar 'n irriritasie en glad nie "groen" om so baie te moet stop en wegtrek nie. As daar dan jaagduiwels is moet hulle vasgevat word, hoekom moet almal nou gestraf word met die horde ongerieflike hobbels."
"Die dorp is besonder skoon en alles word na omgesien. Die netjieste plek wat ek nog in Suid-Afrika gesien het. Werklik iets om te gaan sien. Hulle plaas definitief 'n hoë premie op toerisme."
"Ons het ons uitstappie na Cape Vidal en Umfolozi baie geniet. Jammer om te sien dat die droogte ook daar so 'n groot impak op die natuur het."
"Lieflike omgewing! Dit moet op almal se Top 10 lys wees van plekke in Suid-Afrika om te besoek."
"Asemrowend! Vir mense wat die natuur bewonder is dit die plek om te gaan bewonder."
"Ek kan nie dink hoekom vakansiegangers na plekke soos Mauritius "ten duurste" wil reis as St. Lucia Estuary jou soveel meer bied nie. Daar was sekerlik 'n keuse van meer as tien verskillende bootreise op die see en vleilande en 'n ander halfdosyn natuurreservate om die wild en tropiese plantegroei te bewonder met die omliggende bosbou plantasies wat bydra tot al die nostalgie van die omgewing. 'n Wonderlike ervaring. "
"Lieflike plantegroei. Pragtige dorpie. Net jammer van die baie mere wat nie water het nie weens droogte."
"A.g.v. droogte was water bietjie 'n probleem, maar wonderlike plek oor die algemeen, sal enige tyd weer besoek."
"We have enjoyed many a holiday in St Lucia and will continue to do so, as it is one of our favorite places to go. "
"Goede uitvalsbasis voor Cape Vidal, crocodile centre, NP hluhluwe-Imfolozi, boattrip on St Lucia Lake."
"Die beheer en KZN Wildlife kyk mooi na die plek, daar is sekuriteit orals en die dorpie is pragtig. Cape Vidal was een van die beste strande nog waarin ons geswem het, en ons was al by baie strande oor die wêreld."