Verified Reviews
Stellenbosch
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Stellenbosch
Rated 4.7 out of 5 based on 1024 reviews.
"Pragtige plaasomgewing naby alle dorpe en stede, asook Stellenbosch Universiteit."
Stellenbosch Central, Stellenbosch
Fynbos Villa Guesthouse"Baie gaaf as 'n mens daar plek kry. 'n Mens kan stap na baie dele toe omdat daar so min parkeerplek in Stellenbosch is."
"Near Stellenbosch centre. We walked there as well. Went to Uncle Sammie's shop, ate great food at Winehouse Restaurant, cycled through the vineyards, ate at Tigers Milk."
"Klapmuts het heelwat wynplase. Die vlinderplaas is 'n moet en as jy iets vir onthaal nodig het, is daar 'n Checkers en drankwinkel so 3 km van die plek af. 'n 24 uur-Pick 'n Pay is ook by die vulstasie beskikbaar."
"Stellenbosch is een van die mooiste dorpe in ons land! Fantastiese restaurante, veral Hudsons Burger Restaurant. Kalm en rustige atmosfeer. "
"Vir iemand wat rustigheid, weg van die stad se gewoel en 'n plaasatmosfeer soek, is dit die ideale plekkie."
Stellenbosch Central, Stellenbosch
Westside Studio"Hierdie is die pragtigste historiese gedeelte van Stellenbosch. Ek het vir 2 jaar in die area gebly voor ek verhuis het. Naby galerye, restaurante (Gino's is 'n wenner), kuierplekke (De Akker), 'n garage en 'n groot Checkers. Dit is pragtig en ons ry nooit êrens heen as ons daar bly nie. Die stap is deel van die mooi. Ons hou steeds daar vakansie as ons die kans kry."
"Dit was die afgelope 5 jaar my dogter se tuiste so dit het heeltemal deel van ons geword. 'n Wonderlike dorpje."
"Stellenbosch is my alma mater, so ek sal altyd 'n sagte plekkie vir die dorp hê. Dit bly vir my 'n mooi universiteitstad - vandag 'n gebalanseerde mengelmoes van ou goed en moderne ontwikkelinge."
"Ons ervaar Stellenbosch en die Kaap se restaurante as pretensieus en buitensporig duur. Ons mis die warmte van die mense soos beleef in Klein Karoo."
Stellenbosch Central, Stellenbosch
de Oude Meul Guest House"Groot lawaai van mense en veral motors tot laatnag en weer vroegoggend."
"Klapmuts is sentraal en verskeie interessante plekke is maklik bereikbaar."
"Klapmuts is 'n landelike gebied met plase en kleinhoewes. Daar is wel 'n dorpsgedeelte met meer as een supermark (een daarvan, Pick n Pay Express wat deurnag oop is) en brandstof. Daar is baie toeristebestemmings binne 15 minute vanaf Klapmuts. Die enigste waarskuwing: die grondpaaie af van die hoofroetes vra geduld en respek. "
"Not enough time in Stellenbosch and surrounds. We will be back to explore and experience more fully what the area has to offer."