Verified Reviews
Still Bay West
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Still Bay West
Rated 4.7 out of 5 based on 176 reviews.
"Was baie jare gelede daar. Was verras deur die geweldige uitbreiding van die dorp met sy talle besighede, huise en eetplekke. Groot dorp nou met alle moontlike fasiliteite. "
"In Young people perspective Still Bay do not have leisure activities. For elderly people their are some challenges especially stares going down to the beech. The people living in Sill Bay are very friendly and helpful. "
"Lots of coffee shops, restaurants and convenience stores. Would like to live there."
"Ons het die bokkies in die aand geniet wat in die straat geloop het. Die hawe waar almal by mekaar kom en wag vir die vissers bote het 'n groot aantrekking vir almal. Jongensfontein is iets om nie mis te loop. Dit is 'n stukkie van die hemel."
"Aangesien die hele area nog feitlik onbewoon is wil mens amper hoop dit bly so, want dit is voorwaar 'n stukkie paradys."
"Stilbaai het alle winkels wat jy benodig. Die rivieroewer bied 'n lekker draf/staproete, terwyl jy ook lekker kan staanroei of kajakvaart. Die strande is pragtig skoon en daar is vele staproetes. Stilbaai is ook troeteldiervriendelik."
"Holiday destination for all ages, not one day that we wondered what to do, and the seafood at various restaurants was the best we had in a long time."
"Skoon vriendelike mense. Veilig vir ouer mense om te gaan wandel langs die rivier en na enige van die winkels. Besighede laat jou tuis voel. Nie te veel verkeer nie, lieflike plek."
"Behalwe vir die see met alles wat mens daarin kan doen, bied Stilbaai omgewing heerlike uitstappies na kaas-, wyn-, gin- en olyfplase. Die dorp, oos en wes is skoon en veilig met al die nodige fasiliteite insluitend ’n mooi gholfbaan."
"Ons besoek gewoonlik die omgewing buite seisoentyd en geniet die rustigheid, die afwesigheid van rondlopers en bedelaars en weinig of geen misdaad om oor te bekommer nie."