Verified Reviews
Still Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Still Bay
Rated 4.7 out of 5 based on 715 reviews.
"Very clean and tidy, the people of Stilbaai are very proud people and love their neighbourhood. Keep it up. Hanlies Bistro's food is amazing. "
"Baie effektief. Jammer ons het stormweer daar aangetref en kon derhalwe nie eintlik lekker kuier nie. "
"Kan baie besig raak oor vakansietye, maar andersins plek om herinneringe bymekaar te maak."
"'n Wonderlike dorpie met die gevoel van jy is tuis en by die familie. Voorwaar 'n familie-kuierdorp. Almal vriendelik, gasvry ons het verseker nie soos vakansiegangers gevoel nie ons het deel van 'n familie gevoel. Baie mooi natuur alles is so rustig in dorp sal niks verander nie."
"Sou vreeslik graag n klein huise in Stilbaai wou koop en daar in rus en vrede gaan bly."
"Baie stil buite seisoen met beperkte fasiliteite soos kruidenierswinkels en restaurante. Die rivier is pragtig! Lekker lang wandelings op paadjies langs rivier en palingstroom. "
"Sjoe dis netjies, stil soos die naam, maar lekker rustige omgewing en die mense is oor vriendelik en dit is wat dit so lekker maak. Gesels maklik met enige iemand in Stilbaai. "
"Pragtige kusdorp weggesteek duskant die N2 met n asemrowende strand, hawe en natuurreservaat. Rustige klein plekkie uitgeknip vir vakansies met familie en vriende; winter of somer."
"Stillbaai is 'n baie rustige en veilige vakansiedorp. Groot verskeidenheid eetplekke om van te kies. Baie vriendelike dorpsmense en lekker rustige strand vir klein kinders om in te baljaar."
"Rustige en pragtige kusdorpie, baie veilig met vriendelike inwoners. Strande is veilig, pragtig en goed versorgd. "
"Stilbaai is my gunstelingplek in die hele wêreld. Ons is direk soontoe na ons 14 uur-vlug van die Noorde van Engeland. "