Verified Reviews
Umdloti
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Umdloti
Rated 4.6 out of 5 based on 179 reviews.
"Umdloti is lekker geleë tussen Umhlanga en Ballito. Dit is baie stiller in Umdloti as bogenoemde bestemmings. Maklik om na die 2 bestemmings vir dagritte te gaan. Die vloede van laasjaar het nog sy merk gelos, maar almal is besig om dinge reg te maak. Baie lekker restaurante veral die Bush Tavern."
"Hulle kan maar gerus die trappies na die strand herstel. Dit was 'n uitdaging om op die strand te kom vir ons ouer mense."
"Dis ideaal geleë, uit die pad, maar naby al die groot belangrike plekke."
"Dis 'n heerlike seedorpie en die restaurant waar ons gaan eet het, was uitstekend."
"Although the ecoli and enterococcus levels were within range to allow swimming in the ocean, perhaps give due consideration to your personal health and immunity levels before deciding to swim in the ocean."
"Umdloti bly 'n juweel aan die KwaZulu-Natal se kus."
"Groot pluspunt dat die strand nie so besig is nie. Ons het heerlik gekuier en sal enige tyd weer gaan!"
"Die dorpie is baie mooi, die dorpie voel veilig en 'n mens kan lekker ontspan by die see. Beste dorpie in Suid-Afrika."
"Ken Umlodti as kind, plek is soos altyd van die beste, strand/seelewe/skoon/rotse om te kan snorkel. Pragtige plek."
"Umdloti is 'n goeie vakansieplek. Die winkels is ook skoon en netjies. Ek sal net voorstel dat daar meer toesig om die strande en swemareas is en dat die reel i.v.m. alkohol drink op strand en bottels en glasstukke net daar gelos word, meer aangespreek moet word."
"Umdloti historically has always been a good destination. It is still recovering from the recent floods and overall sewerage pollution which a lot of Durban has had to deal with. Hopefully this is dealt with soon and it returns to what we know it to be. It can be a great destination for a family holiday."
"Riool in see ruik jy as jy daar aankom. Stadsrade moet dringend iets omtrent dit doen."
"I hope this beautiful place recovers in full from the floods so many more can enjoy it."
"Daar is hewige skade aan die area na die vloede. Baie konstruksie werk aan die gang om te herstel en reg te wees vir die Desember vakansie. Die riool probleem sal hopelik opgelos wees dan sodat mense weer kan swem."
"Ons voel jammer vir die toeriste, die strand was toe as gevolg van riool wat in die water is. Na die vloed is hulle baie besig om alles weer reg te maak. Was net jammer ons kon nie daar swem nie, ons moes Balito toe gaan. Verder het ons lekker gekuier en geëet en gebly."
"Lieflike ontspan dorpie by die see. Die buitekant van meeste van die geboue in Umdlloti kort egter dringende aandag."
"Baie mooi area. Lekker eetplekke. Net jammer vir die water wat besoedel is en kon nie die strand gebruik nie."
"Daar is nie baie om te doen nie, jy moet uitry na die groter plekke. Dink as die vloedskade herstel is, sal dit weer baie mooi wees. Daar is wel baie lekker restaurante."
"It's encouraging to see the reconstruction in the village after the devastating flood damage."