Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 3215 reviews.
"Lovely place for a break but the summer must be better and not so dry. Would recommend Nieu-Bethesda for a wedding with Jacques at Waenhuis - such a pleasure and he is so helpful and professional. "
"Die mense is baie gasvry en vriendelik. Baie gerieflike stop op pad tussen Johannesburg en Kaapstad."
"Baie interessant en beveel aan om verseker ten minste een keer in jou lewe een nag oor te bly."
"As jy in die winter in daardie rigting gaan onthou dit is regtig koud. Dit is 'n interessante dorpie en om elke hoek is daar iets anders van keramiek werk tot 'n brouery wat koffie ook maak vir koue reisigers."
"Nieu-Bethesda is nie 'n deur-ry dorpie nie. Dit is 'n klein juweel wat ten minste 2 aande se verblyf regverdig en selfs dan is dit te min tyd. Verwag die minste en word dan ryklik bekoor deur die natuur, onthaal deur die "insiders" en verstom deur die rustigheid wat jou oorval."
"Dit was 'n sielsverrykende ervaring en ek sal weer en weer gaan. Eintlik wil ek nie die plek te veel prys nie, maar dis selfsugtig omdat ek bloot wil verhoed dat die wêreld daarop toesak."
"Ons kinders was op kriekettoer en het by die backpackers reg langsaan geslaap. Baie goeie akkommodasie. "
"Nieu-Bethesda is 'n pragtige plekkie met besondere geskiedenis. 'n Belewenis en verseker 'n moet sien! Sal enige tyd weer daar draai."
"Pragtige plekkie, The Brewery het die lekkerste kaas "platter", nogals baie klein winkeltjies wat so ietsie van alles het. Die Uilhuis was baie interessant. Ons het die omgewing geniet."
"Wat 'n lieflike, hartlike gemeenskap. Ek gaan verseker einde Oktober die boekefees bywoon!"
"Nieu- Bethesda word nie vir jou gegee op 'n skinkbord nie - jy moet soek en grou om regtig die mense en die energie te ervaar. Daar is beslis meer as net die Uilhuis. Gaan en ontdek."
"Die dorpie verdien werklik 'n tweede kans t.o.v. werkskeppingsgeleenthede en investering."
"Het ongelukkig te laat daar aangekom om Hanover te besigtig, maar ek sal beslis weer daar aangaan."
"We have stayed at New Holme which is close by and preferred it. More expensive. Younger more suited to family. "