Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 3215 reviews.
"Die dorpie is baie stil (veral oor 'n naweek), maar ek het al goeie dinge gehoor oor die Apollo Teater, alhoewel ek dit nie self besoek het nie. Met klein dorpies, doen altyd vroegtydig navorsing en maak besprekings om verseker te wees daarvan dat hulle voorberei is om jou te ontvang."
"Baie ou en vervalle geboue asof tyd stilgestaan het met baie min infrastruktuur, baie interessante plekke ek graag sou wou van nader besoek, maar alles was onder slot en grendel as gevolg van vandalisme."
"Britstown begin soos meeste plattelandse dorpe agteruit gaan. Geboue is besig om vervalle te raak en daar is maar min wat die aandag trek. Tog is die mense vriendelik, en die dorpie betreklik skoon."
"Pragtige, histories dorpie. Jammer daar is so baie verwaarloosde huise."
"Dis nie veel van 'n toeristebestemming nie, maar meer 'n oornag en deurgang vir reisigers."
"Die dorp het baie agteruit gegaan. Ons het 30 jaar terug daar gebly, maar dis maar die geval met al die plattelandse plekkies."
"Rietpoort is 18 km uit die dorpie, Britstown bied nie veel nie, maar is halfpad tussen JHB en Langebaan op die N12."
"Die mense wat nie by Nieu-Bethesda oorbly weet nie wat hul mis nie. Hier kom jy weer in aanvoeling met die natuur. Die stilte en klank van plaasdiere en voëlgeluide is goed vir die siel. Die Ibis Restaurant is hoogs aan te beveel. Ons het al te heerlik geëet."
"Nieu-Bethesda was op my emmerskop-lysie en is so dankbaar dat ek alles daar kon ervaar. 'n Rustige dorpie sonder om vervelig te wees!! En skoon en goed versorgde geriewe."
"Nieu-Bethesda is die moeite werd om voor af te draai en 'n paar uur te kuier. Daar is goeie restaurante, bierbrouery en die Uilhuis- en Fosiel-museum is iets besonders."
"Skoner strate en minder kinders wat doelloos rondstap en baie bedel sal positief bydra."