Verified Reviews
Vanrhynsdorp
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Vanrhynsdorp
Rated 4.1 out of 5 based on 391 reviews.
"Baie netjiese dorp. Die hotel bedien heerlike ontbyt en die personeel is baie vriendelik."
"Klein, netjiese dorp, en het heerlike vleis by die slaghuis gekoop en 'n heerlike bottel wyn by die drankwinkel!"
"Dit was vir ons gerieflik sentraal op ons blommetoer. Naby genoeg aan Nieuwoudtville en die kokerboomwoud. Met ons aankoms was dit nat en ons is afgeraai om die grondpaaie Gifberg en Maskamberg toe te verken. Nog 'n besoek aan Nieuwoudtville was welkom."
"Hierdie stil dorp het tog 'n paar interessante plekkies om te besoek. Ek sal beslis weer daarheen wil teruggaan."
"Besoek Vanrhynsdorp omtrent jaarliks. Die mooi dorp in sy pragtige omgewing het ongelukkig die afgelope paar jaar agteruit gegaan. Dit is veral die strate (uitgesonderd die deurpad na Calvinia) wat tot 'n haglike toestand verval het. Dit is 'n gegoede gemeenskap en mens kan net hoop dat die plaaslike owerheid die dorp sal regruk!"
"The town has a lovely feel about it. The information centre lady was very helpful. The succulent nursey was well worth a visit. Definitely a place we would like to visit again. Maybe a trip to the Gifberg which we did not have time for."
"Die Knersvlakte is ook geskik vir blommebesigtiging na goeie reën, alhoewel verskillend van die Nieuwoudtville-area."
"Dit was hartseer om te sien dat baie van die geboue vervalle is en daar is duidelik baie opknapping wat gedoen moet word. Maar dit bly platteland en die blomme is steeds so mooi soos voorheen."
"Besoek die kwekery vir die uitstaande versameling vetplante. Die pannekoek en roosterkoek by die kerksaal was regtig lekker."
"Sentraal geleë vir blommekyk en die Olifantsriviervallei en wynroete. Naby geleë aan Strandfontein en Elandsbaai."
"Sentraal geleë om baie strande te besoek soos Strandfontein en Doringbaai waar ons heerlike seekos kon eet."
"The information centre was closed due to a death so we couldn’t learn more about the town."
"Die ou tronk is 'n nostalgiese terugblik op die dinge van gister. Baie interessant."