Verified Reviews
Waterberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Waterberg
Rated 4.4 out of 5 based on 2618 reviews.
"Mabalingwe bly een van my gunstelingbestemmings, veral as jy 'n 4x4-entoesias is. Ons het hope bokke en kameelperde gesien, en selfs twee renosters ook."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Rustig in die Bosveld - Snuifpeul"Leeupoort Vakansiedorp is die plek om weg te breek van die stad se geraas."
"Ons voertuig het gebreek en ons is Saterdagoggend 8h00 gehelp by Johan teen bekostigbare pryse. Almal daar is behulpsaam en vriendelik!"
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Wharthog Corner Leeupoort"Dis nie elke dag wat wilde diere uit jou hand uit eet nie! Leeupoort Vakansiedorp is lekker om te beleef!"
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
LaPumba"Geriewe sluit in slaghuis, winkel, bottelstoor, restaurant, swembad en kroeg. Is baie gerieflik om alles te hê en al die geriewe is goed instand gehou."
"Waterberg is a place to be when you want to refresh your mind, watching nature at its best."
Lephalale (Ellisras), Waterberg
Sion Guest House"Vreindelike mense, mooi winkelsentrum. Pragtige natuur - mooiste bome en plantegroei."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Tarentaal Nes"Leeupoort oor die algemeeen is 'n wonderlike, mooi plek. Alles is goed instand gehou en baie mooi skoon."
"Die dorp self is nie baie skoon nie en die paaie is nie in 'n goeie kondisie nie. Daar is wel baie om te doen en sien. Daar is baie winkels en malls en als naby."
"Baie mooi area om deur te ry en te besoek. Baie wild en pragtige damme oral langs die kronkel paadjies in die koppe. Die oasis se besoek was 'n lekker blik uit die verlede vir ons gewees. Nog baie wat ons nie gesien en beleef het nie as gevolg van die baie reën en sal dit beslis op 'n volgende besoek wil doen."
"Ons is baie lief vir die natuur en wild. Beslis die regte bestemming hiervoor."
"Baie mooi distrik en net so oor die 2 ure se ry vanaf Pretoria."
"Kan nie beter wees nie. Alles was presies soos voorgestel en nog meer. Sal beslis aanbeveel. Ook baie goeie kliëntediens. Baie dankie Elanie."
"Die Modi Mall is beslis 'n aanwins vir Modimolle-inwoners. Koro Creek Bushveld Gholfbaan is 'n moet-speel - baie bokkies loop rond. Castle De Wildt moet ook besoek word - dit is nou oop vir publiek en etes word bedien."
"Ons was dalk aan die verkeerde kant van die dorp, maar daar was nie plekke om aandete te gaan geniet nie. Ons het wegneem etes gekry en in die hotelkamer gaan eet. "
"There are great mountains around the area. It was disappointing to only have one hiking trail in the entire town."