Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Daar is beslis heelwat op Velddrif te doen en ’n mens kan ’n tydjie daar deurbring net om na die voëls te kyk. Baie oulike restaurantjies. "
"Veelsydige streek! Van sand na see! Lekker gemaklike weer en baie om te doen! Goedkoop, natuurlik, kreatief en gemaklik!"
"Baie mooi klein dorpie met pragtige uitsigte, strande en 'n vriendelike en veilige omgewing."
"Ek hou baie van die plek. Baie eetplekke. Alles is loopafstand. Die strand is skoon en kan vir km's loop."
"Elandsbaai is vir toeriste wat absolute stilte en rustigheid soek. Die restaurant in die hotel lewer voortreflike diens. Daar is nie winkels wat 'n groot verskeidenheid kruideniersware het nie, maar die wat daar is, het in ons behoeftes vir die 5 dae voorsien. Om die kilometers lange ysterertstreine te sien was 'n absolute belewenis!"
"Daar is nie veel in Klawer te sien of te doen nie, maar gelukkig is daar dorpies soos Vredendal in die nabye omgewing wat meer bied in die vorm van restaurante, ens. "
"Muisbosskerm op die strand, is ook 'n aanbeveling. Dis 'n belewenis en uiters rustige en gesellige restaurant op die strand. Die dorp is skoon en ons het deurentyd veilig gevoel."
"Die plek is asemrowend mooi! Rustige atmosfeer waar kinders nog in die strate speel. Inkopiegeriewe is min. Daar is een algemene handelaar waar jy net die mees basiese produkte kan kry. Eetplekke is daar genoeg van. Daar is 'n drankwinkel ook. Dit is 'n arm dorpie (ten spyte van al die nuwe verblyf wat gebou is vir meer welvarende mense) en as sulks is daar heelwat bedelaars."
"Golden Mile is die regte plek vir enigeen wat 'n rustige vakansie of wegbreek nodig het."
"Love the West Coast and the people that live there as they are friendly and warm. "
"Daar is baie restaurante, maar in ons opinie is Muisbosskerm nie op standaard nie en ons sal nie weer soontoe gaan nie. Die foto's van kreef en mossels op hulle webtuiste was nie daar nie. Dit het gelyk of baie disse gevries was voor die tyd en slegs visse wat gebraai is was heerlik, maar nie gemerk nie so mens het nie geweet wat jy eet nie. "
"A lovely town to visit. Close enough to Cape Town and other towns to do the tourist thing, but also small enough to just do nothing. "