Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Yzerfontein het jare terug al my hart gesteel met sy pragtige strand. Lekker skoon kusdorpie waar jy maklik van tyd kan vergeet."
"Ja met elke besoek brei die plek uit, sou nie wou hê dit moet nog meer uitbrei nie, want dis juis wat dit so uniek maak. Daar is nou soveel eetplekke en almal wil hul pond vleis hê. Hou pryse billik vir jul mede Suid-Afrikaners, want die geskenkwinkels is net vir oorsese besoekers wat prys aanbetref. Verder is die dorp nog skoon en almal is vriendelik."
"The town is full of interesting characters, quirky shops and friendly dogs! The long stretch of beach is fantastic for walking, and one feels safe despite warnings of petty crime."
"Die huidige ontwikkeling sal 'n groot impak hê op die rustigheid van die omgewing. Dit is 'n pragtige plek. "
"Ek dink dit is 'n baie sentrale plek om te bly terwyl jy die Weskus besoek. "
"Jacobsbaai is pragtig met heerlike restaurante en 'n kafee. Mense is vriendelik en rustig."
"Port Owen is een van ons gunstelingplekke. Ons kry nie genoeg van die Weskus nie en beveel almal aan om tog eendag daardie huisie by die see te gaan koop. "
"Die dorpie is lekker klein wat dit maklik maak om die dorp per voet te leer ken. Seekos is lekker en die diens in elke winkel en restaurant waar ons ingestap het was goed. "
"Wat 'n pragtige, skoon en vriendelike dorpie en soveel om te doen. Beveel dit beslis aan, dit is die moeite werd om te besoek."