Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Dis 'n klein, rustige dorpie waar Saterdag se koerant eers volgende week afgelewer word."
"Fantastiese strand. Rustig en skoon buite seisoen. Bespreek net vroegtydig by eetplekke!"
"'n Wonderlike plek om te besoek en net te geniet! Heerlike restaurante met puik diens en baie vriendelike personeel. 'n Fantastiese strand om op te stap en dit vir kilometers ver! Wonderlik!"
"Ongelukkig is daar nie veel te doen in Lambertsbaai nie. Daar is wel buite Lambertsbaai plekke om te besoek en sal dus weer daar besoek aflê om dit te ondersoek."
"Ek sou nie dat die hele wêreld die pragtige vissersdorpie ontdek nie. Soos hy op die oomblik is, kan ons die plekkie sonder vertrapping geniet!"
"Dit is net sleg dat die meeste restaurante op dieselfde dae toe is, nl. Maandae en Dinsdae. Andersins is Paternoster 'n vakansieplek duisend!"
"Daar moet iets gedoen word t.o.v. die vullis op die strand, in die strate en op die plotte. Sommige mense waardeer nie die unieke paradys nie."
"Ek gaan al vir baie jare Lambertsbaai toe. Dit is 'n baie spesiale plek met soveel karakter!"
"'n Wonderlike, natuurskone paradys met 'n absolute rustigheid en die beste "snoek parcel" op die Weskus!"
"Van haarsalon tot slaghuis tot drankwinkel tot vissers op strand en inwoners - wonderlik! Dorpie pragtig!"
"Ons eenheid kort verseker aandag waar dit by maintance kom. Die badkamer veral. Die kombuis was ook nie toegerus met als wat op die inventaris lys was nie, of dit wat daar was is regtig stukkend en afgeleef. Die gloeilampe in die kamer het ook nie gewerk nie. Ons het dit al op dag 1 aan hulle rapporteer maar niemand het na ons klagtes omgesien nie."