Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Die Weskus is wonderlik, ek sal nog daai afgeleë plaas in die middel van nêrens opspoor. Gedurende blommetyd is daar soveel kleur en skoonheid op die Weskus, daar is soveel plekke om te sien en te beleef. In die somer het die Weskus weer 'n ander aantreklikheid, droog en wild, maar beeldskoon!"
"Paternoster bly my gunsteling plek wanneer dit kom by 'n wegbreek. Dit doen wonders vir die siel."
"Afhangende van die tyd van die jaar sal verskillende bedrywighede gesien word in die wingerde. Die wynplase en restaurante en die mooi van die omgewing moet beleef word."
"Ek sal hulle vir almal aanbeveel. Was regtig verras met so 'n lekker plekkie, rustig en huislik. Baie dankie julle."
"Weskus seekos, restaurante om van te kies en keur. Winkeltjies met die mooiste snuisterye, At se galery. Tradisionele vissermanbootjies wat elke dag die dag se vangs terugbring land toe. Beslis aanbeveel vir elke toeris om te besoek."
"Great little town, we visit Paternoster often and always love it. The only negative thing is the local guys trying to sell you stuff while you are relaxing on the porch. This is obviously something out of the accommodation's control but it's become worse over the few years, which I am sure you are aware of anyway. All in all we would come back again and again to this little piece of paradise!"
"St Helenabaai is baie mooi, bietjie stil vir ons, maar 'n mooi, unieke dorpie. Die snoek en chip baie lekker gewees by die hawe."
"Nice place to get away for some peace and quiet. Not far from other West Coast towns that one can visit."