Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Stony Point was baie lekker, kos R30 per persoon in plaas van Boulders toe gaan en 'n klomp geld te spandeer en daar is 'n baie lekker restaurant, On the Edge, reg daar waar mens parkeer."
"Lekker mense, die weer is lekker, die rustigheid oorspoel jou en om alles te kroon is Paternoster 'n baie skoon en netjiese dorpie."
"Ons 1ste besoek aan Napier, altyd net deurgery. Wat 'n pragtige, rustige dorpie met 'n outydse atmosfeer, laat mens dink aan Greyton en Stanford. Een van die min dorpe waar die ou huise nog behoue gebly het. So baie bekoorlike Victoriaanse huise hier op Napier, wat pragtig gerestoureer is na hul vorige glorie. So bly om te sien hoe skoon die dorp se strate is, geen wonder hul munisipaliteit staan 1ste in die klas (land) nie, welgedaan Napier!"
"Pragtige plek, maar heeltemal onbekostigbaar vir ons as pensionarisse. Dink hulle cater vir toeriste, want van hulle was baie."
"Uitstaande natuurskoon en ongelooflike uitsigte van die Heads. Paaie maar baie besig met spitstye."
"Een van die heel mooiste dorpe in ons land, dalk die mooiste?"
"Ceres is 'n baie mooi dorp en die plattelandse gasvryheid word definitief hier ervaar."
"Voel soos 'n seedorpie in 'n eerstewêreldland. Een van die mooiste plekke in RSA."
"Lovely, quaint and quiet. Great getaway from the hustle and noise of the city. Thank you Paternoster residents for being so friendly."
"Was nog altyd mal oor George en omgewing. 'n Toerismejuweel met al die mooi plekke om te besoek."
"Dit is 'n bestemming wat beslis 'n paar besoeke regverdig. Propvol geskiedenis en natuurprag."