Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Fantastic location with major shops in Gansbaai, just about 20 min away. Pearly Beach has beautiful beaches and far enough away from the December crowds."
"Kaapstad is beslis 'n plek om te verken, eetplekke en besienswaardighedes verander voortdurend, so daar is altyd iets om te sien en te doen. Kaapstad is nommer een op my besoekerslys."
"Genade maar die wind kan waai. Die inwoners sê dit is maar altyd so. Net iets om voor te beplan as jy klein kinders het. Andersins kan die geriewe (bier brouwerye, kelders, Standford rivierritte) in die omgewing beter adverteer word. Ons het eers die laaste dag van ons verblyf die lekker rustige strandmeer ontdek."
"Die stad bied so baie dat indien een ding nie uitwerk nie, kan jy iets anders in die plek vind om te doen. Ons was elke dag besig met meestal buite-aktiwiteite soos Murati, Fairview, Delheim en Knorhoek-wynkelders. Die Afrikaanse Taalmonument en The Alpaca Loom-plaas is ook vinnige stoppe in die wynkelders se omgewing. Die Rooibus kan 'n hele dag of 2 opneem en dit wys al die hoofplekke. Waterfront en als wat dit bied. "Cool Runnings" is 'n goeie aktiwiteit vir die jonger mense wat van aksie hou. Baie plekke om te eet oral waar jy ry. Die diens is net bietjie stadig het ons gevind. Ek wil egter The Dialy Cofee Cafe Bloubergstrand uitwys vir goeie, vriendelike diens en uitstekende koffie en kos."
"Die dorp het maar effe agteruit gegaan, maar daar is beslis 'n paar juwele soos Áltyd Lekker en die 4 Sheep-eetplek en Deli. Die Wimpy was ook heel vriendelik en die diens vinnig!"
"Beslis 'n plek om te besoek en weer te besoek. Daar is net te veel om te doen in een vakansie."
"My verwagtings van Prins Albert was nie oortref nie. Het gedink dit gaan meer besonders wees soos bv. Clarens. Nie veel om te sien of doen nie behalwe stap, eet en drink. Die winkels ens. is nogals duur maar dit is seker te wagte vir 'n toerisdorpie. Dorpie self is pragtig en netjies."
"We could not find any shopping centres close by with shops like Clicks/DisChem nor PnP."
"Elke dag iets gehad om te doen. Restaurante se kos en diens was uitstekend."
"Mooiste stad in Suid Afrika, baie skoon teen ander stede en geen slaggate. Baie om te doen en te sien."
"Altyd heerlik om in die Kaap te wees. Die besienswaardighede is ongelooflik en daar is elke keer net nog meer om te besoek."
"This is an ideal location for people who wish to get away from the hustle and bustle of city life."