Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Paternoster is 'n pragtige dorpie met baie besienswaardighede en Tietiesbaai is beslis die moeite werd om te besoek."
"Ons was maar vinnig deur Citrusdal, maar ek sal baie graag weer soontoe wil gaan om dit meer te verken. Dit is 'n lieflike omgewing met baie berge en dinge om te doen!"
"A beautiful quaint location with rugged and untouched beauty. Safe, quiet, and tranquil and its close proximity to the sea makes the atmosphere and the breeze from the sea lend a most beautiful ambience to the entire experience that is Betty's Bay."
"Paaie is uitstekend, maar Kaapstad bestuurders wees asb. geduldig met ons plattelanders."
"Netjiese, skoon dorp met soveel klein winkels om te sien. Jy het minstens 'n week nodig om almal te besoek en alles in te neem wat Knysna vir jou bied."
"Ons het gekonsentreer op areas van belang vir voëlkykers en was nie teleurgestel nie. 'n Bootrit op die Bergrivier was 'n hoogtepunt asook 'n ontbyt in die bekende Bokkomlaan langs die rivier."
"Tulbach het al die potensiaal en besonderse geskiedenis vir 'n top toeriste-aantreklikheid."
"Absoluut fantasties om te sien hoe dieselfde berge elke dag anders lyk. Ons Gautengers wat net teen mynhope vaskyk. Ons was daar vir 'n paar dae vir 'n troue, die dorp is vol winkels. Kon nie glo 'n dorp het nog kersliggies in die strate nie. Dit het so feestelik gevoel. Pragtige wêreld."
"Ons was by die hawefees, het dit geniet en sal baie graag volgende jaar wil teruggaan na Velddrif."
"Grabouw en omgewing bied jou alles wat jy benodig. Die groen appelboorde en die mooi van die omgewing is net so anders en rustig. Mense is almal vriendelik en opreg."
"Ons het nie juis die dorp verken nie. Ons het wel foto's geneem van die kerk. Die dorp was baie rustig."
"We are not fond of Beaufort West, but will stay over at Kia-Ora Guesthouse when we are in the vicinity again."
"In die Oudtshoorn omgewing is daar so baie om te sien en te doen. Ons was elke dag vrek moeg na die rondryery."