Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Tans is Marlothpark se grondpaaie bietjie in 'n slegte toestand vir 'n gewone voertuig, rybaar maar teen slakkepas."
"Behalwe vir die trokke wat in die aande daardeur jaag en die vreeslike baie loadshedding was alles lekker gewees."
"The rangers are amazing and do so such not for just the animals, but for us humans too."
"Dit is 'n heerlike oord met baie wild wat vry rondloop. Naby aan Krugerwildtuin vir 'n dagbesoek. Ook naby genoeg aan Komatie Poort indien jy 'n draai in die dorp wil maak."
"Dit is skoon, hulle moet so bietjie werk aan die grondpad maar verder is dit 'n baie lekker plek."
"Fantastiese atmosfeer en heerlik gekuier. Die bos en alles in Marlothpark het sommer onder mens se vel ingekruip. Kan nie wag vir die volgende besoek nie."
"Baie positiewe ervaring vir mense wat van die natuur hou. Sal nie weer in die Kruger gaan bly nie. Ons het selfs vanaf two trees uitkyk 'n "lion killl" gesien. Wat 'n ervaring. In die Wildtuin sou ek reeds by die kamp moes wees. Hier net oor die rivier gekyk."
"Marloth Park is die perfekte plek om te rus en saam geliefdes te spandeer. Baie diere en 'n pragtige omgewing."
"Die park self kort aandag en die paaie is op plekke regtig nie toeganklik nie. Ook konstruksie aan huise in die area raak steurend met tye. Die huis het dit wel die moeite werd gemaak."
"Marloth verbaas ons telke male met die vriendelike mense en rustige afskakel-atmosfeer."
"Die grondpaaie kort aandag. Die winkels het alles wat mens nodig het, heerlike en groot verskeidenheid roomyse wat baie bekostigbaar is."
"Marlothpark is die plek om te wees as jy wil wegbreek van die stad. Dit is regtig nie nodig om die Krugerwildtuin te besoek nie omdat daar soveel diere op jou stoep is in Marlothpark."
"Dis 'n bosveldparadys en ons is lief daarvoor om elke jaar daar te gaan kuier saam met die familie."