Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Ware Bosveldervaring met maklike toegang tot Mosambiek en die Krugerwildtuin"
"Diere behoort nie gevoer te word nie, want mense voer hulle sommer enige iets te ete. Van die grondpaaie is in ’n swak toestand vir mense met motors."
"Great spot if you have a family to be able to stay for longer at a fairly affordable price. We enjoyed our stay."
"Heerlike plek, so baie verblyf om van te kies. Baie naby wildtuin wat dit die ideale, sentrale plek maak."
"Steeds my nr. 1 blyplek as ons jaarliks die Wildtuin besoek. Die paaie is wel baie slegter as vorige jare en die winkels is maar duur, maar die slaghuise is oulik en goed geprys. Ons het steeds 'n heerlike tyd gehad!"
"Marlothpark se paaie moet geskraap word. Die vullishoop by die ingang moet toegebou word. Dit is vreeslik onooglik en ons het diere gekry wat daar vreet tussen die vullis."
"We've been going to Marloth Park for many years and this year was very sad to see that there's actually too many animals and not enough food. We fed them, but there should be enough trees and grass for animals to eat naturally. Marloth Park will have to do something seriously about it because it looked bad and might take many years to get the trees and plants in the right state. There were many spots that looked dead, dry and over grazed. I really hope this can be fixed. Very sad to see."
"Ek en my suster, wat saam met ons was, is in Komati en Nelspruit gebore, dis 'n plek wat op 'n mens groei."
"Marloth Park is altyd ’n lekker rusplek. Al wat ek nou sien is dat daar baie huise gebou word."
"Ideaal geleë vir besoek aan die Krugerwildtuin en omliggende areas. Tydens ons besoek is daar gedurende die nag by vriende se huis ingebreek asook nog 'n ander huis terwyl mense geslaap het. Enkele gevalle, maar miskien iets om in gedagte te hou."
"Dit is n spesiale plek en besonders. Selfs om nagapies so van naby te aanskou was wonderlik. Ons het selfs ’n bosbokfamilie met ’n baba gehad wat ons tuin besoek het."
"Die paaie is in baie goeie kondisie, ons kon daar ry met ons kar. Baie dankie dat hulle die paaie reg gemaak het."
"A great family experience with no hidden nonsense. We got what we were promised, all good."
"So lekker gekuier, diere wat so mak is het dit 'n wonderlike ervaring gemaak met klein kinders."