Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Winkels is almal buitensporig duur, absoluut verregaande. Dis basies meestal SA burgers wat daar vakansie hou so nie seker hoekom hul by al die winkeltjies pryse stel vir buitelanders nie. "
"Baie beslis 'n vakansieplekkie vir die wat net will chill en regtig om te gaan rus."
"Sal beslis weer kom kuier, veral met voordeel van besigtiging van diere in Kruger Wildtuin vanuit Marlothpark."
"Heerlike plek, maar van die winkels, venues en aktiwiteite is buitensporig duur vir plaaslike toeriste. "
"Baie mooi en baie netjies en mens kry als wat jy soek. Die winkels en slaghuis is ook baie netjies, Marlothpark sal ons vir seker weer sien dit was ons eerste keer in die park."
"Dis 'n plek vir beide tipe reisigers. Die wat verkies in die park te bly. Bied selfs kerkdienste op Sondae. Ook die wat vakansiebesienswaardighede will gaan sien. Beide Komatipoort en Malalane behoort aan almal se behoeftes te voorsien, gholf ingesluit."
"Dit is wonderlik om te sien hoe die inwoners van die park omgee vir die diere en die omgewing."
"Meer streng veiligheid by hekke sal goed wees, baie rondlopers in hoofpad wat mens nie veilig laat voel nie."
"Die mense wat bly en kuier in Marloth Park is so vriendelik, spontaan en bedagsaam. Die diere wat mens by die rivier sien en al die diere wat in die park by jou op jou stoep kom kuier is ongelooflik. "
"Marloth het 'n bekoring van sy eie. Die diere wat om jou beweeg en kuier is 'n voorreg en baie mak. Hekwagte is vriendelik en behulpsaam. Ons het die wildrit in en om Marloth sowel as Krugerwildtuin leersaam gevind saam met Kruger 5 Safari's wat in Marloth gebaseer is. Ons kan nie wag vir die volgende besoek nie! "
"I would only advise that they up the security. People should not just be able to drive into the Park without having some kind of verification. Map from the Park should be given out on arrival. Perhaps some kind of security tips should be given to the visitors. A person feels very relaxed and if not from SA you don't think of locking every door when going to bed The Park Security is trying their best to keep everyone safe."
"Ons is gek oor Marloth en dit is by uitstek ons gunsteling vakansiebestemming. "
"Kan dalk iets doen aan paaie in Marloth self."
"Put in place fines for people (visitors and locals) who litter. Restrict people bringing in foreign plants that are not indigenous to the area. "
"Go to the viewing point and the amazing river view restaurant. Both great spots for viewing over the Crocodile River. "