Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1538 reviews.
"Die dorp is besonder skoon en alles word na omgesien. Die netjieste plek wat ek nog in Suid-Afrika gesien het. Werklik iets om te gaan sien. Hulle plaas definitief 'n hoë premie op toerisme."
"Ons het ons uitstappie na Cape Vidal en Umfolozi baie geniet. Jammer om te sien dat die droogte ook daar so 'n groot impak op die natuur het."
"Hluhluwe is na ons mening sentraal geleë vanwaar daar heelwat besienswaardighede in die omgewing geniet kan word."
"Jy benodig 'n permit om met jou voertuig tot op die strand te ry. 'n Beperkte aantal word uitgereik, en gevolglik tydens hoogseisoen staan mense al douvoordag in 'n tou om die permit te bekom. Die duik- en snorkelgeleenthede is fantasties."
"Ons hou baie van Mtunzini en daar is sekere aspekte wat die bestemming uitstaande maak en bo ander kus dorpe plaas. Ons is egter geruk met die nuus dat daar 'n myn teenaan die dorp en strand gaan ontwikkel word. Dit is hartseer en gaan die bestemming vernietig."
"Lieflike omgewing! Dit moet op almal se Top 10 lys wees van plekke in Suid-Afrika om te besoek."
"Sodwana is een van ons gunsteling plekke om vakansie by te gaan hou, die water is so mooi skoon en warm, die feit dat jy enige plek kan swem sorg vir genoeg spasie vir almal en die bosse om mens laat dit voel of jy die best of both worlds kry as jy soontoe gaan. Baie ontspannend en lekker. Doen beslis jou duikkursus as jy gaan, dis baie mooi daar onder. Maak ook 'n draai by Hluhluwe Game Reserve op 'n bewolkte dag. 'n Rhino Card is 'n MOET as jy Sodwana toe gaan - dit spaar jou baie geld. En as jy Hluhluwe Game Reserve toe gaan, maak seker jy vat dit saam anders is dit duur om in te gaan vir die dag. Die klomp karwagte is 'n pes, en maak jouself reg vir hulle om jou te storm elke keer as jy parkeer maar maak maar net vrede dat jy met dit gaan sit en wees ferm met hulle dat jy net een gaan tip. Sodra jy strand toe gaan is dit weer vergete. Die tou om by die strand uit te kom kan lank wees in besige tye maar niks te erg nie, die paar negatiewe goedjies is nie genoeg om alles wat lekker van die plek is te top nie. As jy met 'n 4x4 gaan moet mens defnitief bietjie gaan explore en 'n dag by Lake Sibaya gaan spandeer. Daar is soveel om te doen wat mens bietjie tyd in die natuur spandeer."
"Asemrowend! Vir mense wat die natuur bewonder is dit die plek om te gaan bewonder."
"Ek kan nie dink hoekom vakansiegangers na plekke soos Mauritius "ten duurste" wil reis as St. Lucia Estuary jou soveel meer bied nie. Daar was sekerlik 'n keuse van meer as tien verskillende bootreise op die see en vleilande en 'n ander halfdosyn natuurreservate om die wild en tropiese plantegroei te bewonder met die omliggende bosbou plantasies wat bydra tot al die nostalgie van die omgewing. 'n Wonderlike ervaring. "
"'n Besonderse netjiese dorp wat goed funksioneer en besonders goed in stand gehou word. "
"Lieflike plantegroei. Pragtige dorpie. Net jammer van die baie mere wat nie water het nie weens droogte."