Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"So progressive, would be nice if other provinces focused so much on culture, cleanliness and tourism with interest."
"Baie besig en bedrywig. Baie om te sien en te doen. Mooi skoon en netjies. Stadspolisie baie behulpsaam. Kaapstad kan wel aandag gee aan SA toeriste. By sekere plekke wou hulle ons nie SA pryse vra nie omdat ons nie ID dokumente kon toon nie. Ons kon wel die nommers gee en dan wonder ek hoeveel buitelanders praat Suid-Afrikaanse Afrikaans. My ID boek was nie voldoende vir ons gesin nie, hulle wou almal s'n sien. Ons het maar omgedraai en geloop. Restaurante oor die algemeen duurder as waaraan ons gewoond is."
"Cape Town is cool! There is always something to do, see or somewhere to go regardless of the weather."
"Asemrowende natuurskoon, aktiwiteite vir jonk en oud. Kaapstad is beslis 'n uitstekende vakansiebestemming vir die hele gesin."
"I'm originally from Cape Town. But when I'm in Cape Town I'm a tourist. Cape is a beautiful city. "
"Kaapstad is 'n lekker plek, baie om te doen. Voel dalk oor dit toeriste gebaseer is, is dit duur maar alles is die moeite werd."
"Beslis die beste plek om vakansie te hou. As 'n Kapenaar gaan ons gewoonlik weg vir vakansies, maar dit was baie lekker om die keer in ons eie stad te kon vakansie hou. "
"Toeriste ingangfooie vir volwasse Suid-Afrikaners is hoog. Alles is skoon en netjies, maar te duur."
"Ek was nog altyd verlief op die Kaap. Die mooiste natuurskoon. Die mense is so vriendelik en baie geduldig."