Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Net baie besig oor Desembermaande, maar andersins het ons lekker gekuier. Dit is ook redelik sentraal. "
"Uitstekende vakansiebestemming! Daar is mooi strande om van te kies en verskeie uitstekende en gesellige restaurante om van te kies - almal binne loopafstand. Dit is 'n mooi rit al langs die kus na Kaapstad-sentrum en nie te ver nie."
"Rustig en skoon. Dit is lekker om op die lang strande te loop. Dit is beter om plek by 'n restaurant te bespreek in hoogseisoen, anders kry jy nie plek om te eet nie. Dit is baie naby al die toeriste-aantreklikhede. "
"Baie sentraal ten opsigte van verskeie Kaapse besienswaardighede en besigheidsdoeleindes."
"Winderig en besig oor die feesseisoen. Daar is egter tonne plek op hierdie massiewe strand. "
"Constantia is quite central to everywhere else in Cape Town. It's quite safe, has lovely views and plenty of nearby facilities."
"Lieflike omgewing en gedeelte van Kaapstad. Baie besienswaardighede. Was dit nie vir my vlug terug na Pretoria toe nie, sou ons graag langer wou bly om al die besienswaardighede onder meer Kirstenbosch, ens. te besoek."
"Ongelooflik baie mense, veral op 'n Sondagoggend waar baie drawwers die sypaadjie gebruik. Die restaurante is baie duur, baie klein en beknop. Mense kom veel eerder vir die see en uitsig as vir die eet of vermaak."
"Cape Town and its environment as a whole has an enormous variety of activities to choose from and which suits every pocket and activity level. As a seaside city it offers both ocean and inland activities, from yachting to safari - it's all available. An exceptional winelover destination. Various cultural events to suit all tastes, vibrant nightlife, cosmopolitan population. and the favourable exchange rate gives more holiday for your Dollar/Pound/Euro. Highly recommended."
"Vishoek was vir ons 'n besonderse plekkie om vakansie te hou. Ons het toegang tot Kalkbaai, Simonstad, Muizenberg, ensovoorts. Die geskiedenis en kuierplekkies in die dorpies is nie te versmaai nie. Die beste eetplek was Napoli's Trattoria in die hoofpad. Die pasta en pizza's is soos net 'n regte Italianer (Pappa Bernado) dit kan maak. Baie dankie."
"Goeie vordering met die opknapping van die muur op die strand."