Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Century City is 'n goeie verblyf opsie naby aan die winkels sonder dat jy hoef te ry. Ek sou dit nie as 'n ontspanne vakansie bestemming kies nie."
"Strand is 'n pragtige plek. Beste is om op die hoofpad te bly sodat jy die son en see ten volle kan geniet."
"I didn't actually go outside because I was scared of the baboons but the place is so much chilled."
"Blouberg het goeie fasiliteite en ook naby genoeg aan die stad. Maklike toegang tot die lughawe en pragtige uitsigte oor tafelbaai."
"Bellville is 'n pragtige groot dorp. Dit was ook baie sentraal vir al die plekke wat ons besoek het. Dit is ook lekker naby die lughawe."
"Dit is beautiful, 'n mens voel so veilig om lang ente te stap. Dit was ook baie skoon. Daar is genoeg goed om te doen as die wind waai - en om dan sommer net te sit en kyk na die golwe is ook "stunning"."
"Die wynlande is naby wat kan maak vir maklike uitstappies en Bloubergstrand met sy ontspanningsfasiliteite en restaurante is ook naby."
"Dit hang af hoekom jy in Kaapstad is. As wynplase toer deel van die plan is, is Durbanville baie goed geleë. Ook lekker naby aan die hoofweg vir Kaapstad self. "
"Kommetjie is 'n wonderlike toeriste bestemming vir enige toeris wat die wonders van die natuur wil beleef. Die mense is baie vriendelik. Water is baie koud en meer bedoel vir mense wat wil surf."
"Baie lekker vis gehad en mooiste sonsondergang by die hawe. Beveel dit aan vir ander."
"Baie lekker sentraal naby die see en Blouberg. Nie te ver van Canal Walk Sentrum nie, vir die mense wat eerder wil geld spandeer as vakansie hou."
"Daardie myle lange strand laat jou seker maar dink dit is waar die Strand sy naam vandaan kry. Daar is meer as genoeg eet- en kuierplekke. Die water is mooi in die baai en as jy die see roete langs die kus ry is dit ongelooflik mooi. Somerset Mall is great."