Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 5186 reviews.
"Ek het in Pretoria voorheen gebly maar nooit werklik Pretoria-Noord besoek nie, maar nou voel ek julle het 'n pragtige deel van Pretoria en "thumbs up" as toeristebestemming."
"Naby alles, ten opsigte van toegangsroetes, hospitale en inkopiesentrums. Pragtige omgewing."
"Ek glo daar is toekomstige potensiaal vir die omgewing. Die gholfbaan is sekerlik nou die hoogtepunt."
"Baie mooi area! Kon heerlik deur die strate stap onder die groot jakarandas deur en die wonderlike geur wat dit afgee inneem!"
"Was net daar vir een nag. Maar sal volgende keer bietjie langer gaan. Van 'n fotografie kant af, kan mens baie mooi fotos daar neem."
"Mooi gerestoureerde ou plekke en as n oud-Krugersdorper lekker en goeie herinneringe. "
"Close to Lanseria airport, and Cradle of Humankind. Might be a good mountain bike trip destination."
"Ons is van die Wes-Kaap en is seker bederf, West Rand is glad nie waaraan ons gewoond is nie."
"Met die Magaliesberge en al sy verskeidenheid gastehuise, oorde en plase met publieke kampgeriewe en staproetes is dit een van die bestes in die kontrei."
"Nuut tot die area, maar vind dat die gastehuis sentraal geleë is en kon al die hoofroetes maklik vind."
"Netjies, groot winkelsentrum waar jy alles kan doen. Rustige omgewing, maar bietjie ver van besienswaardighede."
"Stil area met alles wat jy mag nodig kry in die onmiddellike omgewing en naby genoeg aan alle groter winkels en hoofpaaie."