Verified Reviews
George
All reviews have been left by TravelGround customers staying in George
Rated 4.7 out of 5 based on 1706 reviews.
"Pragtige dorp en alles is mooi groen en skoon. Word mooi na gekyk. Ervaar 'n rustigheid as mens so deur die woonbuurte ry."
"Netjiese dorp en as jy gholfspeel of van die natuur hou, is dit die plek."
"Wat 'n mooie dorp. Lekker inkopiesentrum, vriendelike mense, fantastiese gym, lieflike swembad, genoeg om te doen en jou besig te hou."
"Ons geniet George, goeie kombinasie van platteland en gerief. Baie gholfbane en goed om te doen."
"Pragtige, boomryke, skoon dorp met mooi parke. En al is die verkeer soms druk, vloei dit tog goed en vinnig. Moet net 'n veertjie in die hoed sit van Palm Tyres wat uiters flink en vriendelik was om 'n pap band te herstel. Dankie George - hoop om julle gou weer te sien."
"Die beste plek op aarde. Ek sê dit al my lewe lank en my begeerte is om eendag daar te bly."
"Mooiste plek in die land. Beslis 'n bestemming vir die avontuurlustige reisiger."