Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 3446 reviews.
"Besoek gerus hierdie dorpie en spandeer genoeg tyd daar om alles waar te neem."
"Prins Albert is 'n pragtige dorpie en almal behoort dit te besoek. Ek sal weer gaan maar seker maak dit is oor 'n naweek wanneer daar 'n goeie produksie by die pragtige teater is."
"Absoluut die moeite werd om te besoek. Heerlike restaurante, wynplase, olyfplase ... 'n juweeltjie in die Groot Karoo!"
"Dis 'n absolute wonderlike plattelandse dorpie en beslis net die regte medisyne vir 'n uitgeputte stadsiel. Ek gaan beslis in die toekoms ten miste een keer per jaar in Prins Albert gaan uitspan. "
"Ons het vreeslik lekker gekuier in die mooi dorpie, mooie winkels en 'n baie oulike bush pub wat in 'n baie mooi omgewing geleë is op 'n plaas met net sulke vriendelike eienaars."
"Prins Albert is 'n ongelooflike mooi plek en skoon. So baie om te sien en doen. "
"Ons is sommer verlief op die dorp met sy pragtige argitektuur, gasvryheid en asemrowende natuurskoon!"
"Was aangenaam verras toe ons in residensiële area rondgery het, maar het ongelukkig nie meer tyd as net daarvoor gehad nie."
"Beaufort het alles wat mens nodig het, vir 'n langnaweek is dit 'n lekker wegbreek bestemming. Karoo Nasionale Park is 'n groot aanwins vir die dorp."
"Quaint, old charming Karoo town, with lots of history and beautifully restored homes and buildings. The theatre is great, we did attend a show, which we thoroughly enjoyed. We so enjoyed the wild flowers in the surrounding countryside. Spring is everywhere! "
"Prins Albert is 'n pragtige skoon dorp met mooi natuurskoon en het veral genoeg goeie eetplekke. Beslis 'n besoek werd."
"Prins Albert word uitstekend bestuur, baie skoon, heerlike restaurante en baie vriendelike mense. "
"Mooi dorpie met net 'n paar huise. Hier kan mens nog stilte en rustigheid beleef."
"Mal oor Prins Albert se bekoring. Net groot genoeg, net klein genoeg. Heerlike verskeidenheid restaurante. Vriendelike, gasvrye mense. Dit sou lekker wees as daar nog so een of twee winkels met unieke produkte kon wees. "
"Pragtige plek. Sal weer besoek daar wil aflê gedurende somer of herfs miskien. Miskien ook langer wil oorbly."
"Mens kan 'n baie aangename middag in die Karoo Nasionale Park deurbring. Ons het selfs twee leeus gesien. Die uitig van die berg af is baie mooi."