Verified Reviews
Jeffreys Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Jeffreys Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 1352 reviews.
"Ons was op Jeffreysbaai om ons kleinseun te ondersteun gedurende 'n rugbytoernooi vir laerskool kinders. Ongelukkig het dit die hele tyd gereën terwyl ons daar was en het dit vir ons bemoeilik om alles te sien wat Jeffreysbaai jou bied. Ons het wel baie uitge-eet en was die kos van baie goeie gehalte by die plekke wat ons gekies het."
"Jeffreysbaai is voorwaar die beste plek en dis 'n toerismeplek selfs vir buitelanders. Dit is selfs ook bekend vir die branderplankryers wêreldwyd."
"Ons sal regtig weer Jeffreysbaai toe gaan. Daar is genoeg goeie restaurante en toeriste attraksies en winkels. Ons hoop en glo dat die gebied se water probleme en tekorte nie die toerisme bedryf sal skade doen nie!"
"Behalwe dat die see altyd mooi is - is die deel waar die hotel is, nie baie aantreklik nie."
"Ai, mens kan sien daar gaan nie veel aan in die munisipale kant nie. Die paaie kort dringend aandag."
"Jongmense wat surf geniet die omgewing en daar is genoeg vir hulle om hulself mee te vermaak. Die eetplekke is genoeg en billik geprys. Die paaie gaan agteruit, maar oral is mense besig om hul huise te verbeter en diens is vinnig en die mense is vriendelik."
"Ons bespreek altyd plek op Jeffreysbaai, want ons geniet dit en daar is baie besienswaardighede. We love Jeff's!"