Verified Reviews
Jeffreys Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Jeffreys Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 1352 reviews.
"Dit was my eerste besoek aan Jeffreys en ons is mal oor die plek. Die 60's Diner het die heerlikste melkskommels, terwyl jy ver gaan soek om 'n meer veelsydige menu en beter kos as by Nina's Real Food te kry. Heelwat om te doen en die kinders (tieners) mee besig te hou. 'n Naweek is net veels te kort. Volgende keer kom ons vir 'n hele week!"
"Ons het maar 'n sagte plek vir Jeffreys en het vir jare daar vakansie gehou. Kabeljous-strand is lekker. Mens sien ongelukkig maar die agteruitgang as gevolg van munisipale onvermoë en gebrek aan instandhouding. Dis hartseer."
"Lekker plek vir 'n famieliewegbreek. Mooi strande, baie lekker restaurante en nabye geriewe."
"Die algemene toestand van die paaie in die dorp sal dringend moet opgeknap word. Daar is heeltemal te veel slaggate vir die algemene veiligheid van voertuie se bande en wiele."
"Die dorp baie skoon, die teerpaaie work in stand gehou. Ons sal beslis weer gaan."
"Lieflike vakansie bestemming met heerlike, maklik bekombare eetplekke. Baie bekostigbaar."
"Pragtige strande, Wacky waterpark net om die draai, visvang-geleenthede vir die manne, kuierplekke vir die jongmense en menige plekkies vir rustige see-wandelinge oral by die verskillende klein strande in en rondom Jeffreysbaai."
"I am afraid to say that being in the Eastern Cape, Jeffreys Bay looks like one of those towns where one has to be careful when moving around."