Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Gariepdam se toeriste-oord is nie altyd beskikbaar vir dagbesoeke, soos byvoorbeeld visvang nie. Vra egter by die OK-sentrum en hengelgereedskapwinkel rond vir die beste visvanggeleenthede buite die toesriste-oord. Hengel lisensies vir die OVS provinsie kan by die hengel gereedskap winkel aangekoop word."
"Baie eenvoudige, maar mooi klein Karoo dorpie, nie baie groot nie, maar nogtans stylvol en interessant."
"Die Plattelander was uitstekende keuse vir aandete. Dorp het baie geskiedkundige aanloopplekke."
"Oulike dorp, ek sal nou nie self in die dorp oorbly nie, maar die omliggende plekke is 'n moet sien en daar is baie plekkies wat ek dink jul by jul lys kan gaan voeg. Ons het Oudsthoorn toe gery en Calitzdorp wat meer bied."
"Ons het eintlik net oorgeslaap, maar ek kan sê dat Nineteen Eighty Nine Coffee Shop 'n plekkie is om te besoek. Die dorp se OK Grocer is uitstekend. Vars groente, gebak en enige iets wat jy mag nodig kry op een plek. "
"'n Oggend is te min, die dorp het baie besienswaardighede en eetplekkies om te besoek."
"Voorheen was Clarens my gunsteling dorp in die land. Maar ek dink Nieu Bethesda het nou daai plek oorgeneem! "
"Ons het 'n heerlike aandete by die Karoo-Deli geëet en tot laat die aand saam met die eienaar gekuier. Hulle het 'n straatbraai-ete aangebied en elke tafel kon hulle eie vleis kies wat vir jou gebraai word. Saam met die ete was roosterbrood bedien. Een aand was te kort om alles te sien en bietjie te kon rondstap, maar ons sal definitief weer in Beaufort oorbly. "
"As 'n mens bevoorreg is om die dam te besoek wanneer dit oorloop soos tans die geval is dan kan jy net bevoorreg voel en weet dat dit 'n fantastiese geleentheid is."
"Ons het die omgewing baie geniet, baie geskiedkundige plekke besoek! Mooi natuurskoon!"
"Pragtige dorpie met vriendelike mense en 'n heerlike plattelandse gees."
"Lekker ontspannend, maar benodig meer aktiwiteite. Lekker naby Bloemfontein."
"Onhou daar is geen vulstasie op die dorp nie. Die meeste besighede het geen kredietkaartfasiliteite nie en bring jou eie wyn - ons het geen drankwinkel gesien nie. Ek hoop dat Nieu-Bethesda so karaktervol en magic sal bly."
"My pa en sy sibbe het groot geword in Oviston. Dit was dus 'n belewenis om die klein dorpie te verken en herinneringe saam met my pa te deel van sy kinderjare. Dit was 'n mooi naweek met vele mooi herinneringe."
"Die omgewing met uitsigte is vuil en onversorg en het 'n gevoel van onveiligheid weg van die damwal."
"People were very friendly and the food was good. Good place to stay on way from Johannesburg to Cape. Not sure of what it is like to stay longer in Colesberg."