Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11686 reviews.
"Prince Albert se mense is baie vriendelik en dorp in 'n mooi omgewing aan die voet van Swartberge, sal vir langer daar wil bly om meer van dorp te sien."
"Gariepdam is in die middel van Johannesburg na George. 'n Baie oulike plek om meer tyd te spandeer. Die winkels maak net 'n bietjie vroeg toe. Heerlike kuierplekke in die restaurante."
"Baie mooi plek. Sal graag volgende keer langer wil bly en plek bietjie beter leer ken."
"Ons ry nooit net deur nie, daar is altyd 'n plekkie wat ons besoek. Gaste onderskat De Rust."
"Dit is vir my sleg dat die mense van die dorp nie die papiere optel nie. Die dorp is vuil, daar is genoeg kinders om die gemors op te tel. En as elke eienaar van sy huisie net sy deel skoonhou, is die hoofstraat skoon."
"Sadly Beaufort West's historic buildings on the main road look neglected and are in disrepair."
"Die Karoo is tans besonders mooi vanweë die goeie reënval. Tans is dit 'n goeie tyd vir 'n Karoo-reis."
"Prins Albert is 'n absolute juweel, nie net in die Karoo nie, maar die hele land. Een van my gunsteling bestemmings."
"Ons het nog nooit Colesberg ondersoek om te sien watter interressanthede daar is nie. Gebruik slegs vir 'n vinnige oorslaap."
"Graaff-Reinet het my hart gesteel. Netjiese en goed instandgehoude geboue en ryk geskiedenis. Mense is vriendelik en praat ons taal."
"Die dorp is skoon en netjies. Waar ons winkels en restaurante was, was die personeel vriendelik en gasvry. Ons het sommer tuis gevoel. Wel gedaan Graaff-Reinet."