Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Hulle moet hulle ou geboue net so behou en niks moderniseer nie. Dit gee karakter aan die rustige Karoodorp."
"Ek dink beslis dat iets gedoen kan word om daardie omgewing te ontwikkel of te bevorder. Lieflike mense en wêreld."
"Wil graag Derick's Auto Electrical in College-weg (N9-deurpad, om die hoek van die koperasie) aanbeveel. Die jonge, pasgetroude man het die dag na Nuwejaar self ingespring (sy arbeiders het nie opgedaag nie) om ons in 'n japtrap te help met 'n kritiese elektriese probleem in ons voertuig. Hierdie Gautengers voel steeds skuldig oor hoe min hy ons daarvoor gevra het, gegewe hoe verleë ons oor sy hulp was. "
"Ek het hierdie keer net oorgeslaap op pad na my nuwe huis in Napier, maar het voorheen reeds die Camdeboo Reservaat besoek waar verruklike natuurskoon is om te besigtig."
"Die oorspronklike plaas het aan van my direkte voorgeslagte behoort. My oupa het sy kinderjare op Prince Albert deurgebring."
"Willowmore het ons aangenaam verras. Ons sal beslis weer besoek. Baie om te sien vir so 'n dorpie. Vriendelike en hartlike mense."
"Interessante dorpe met 'n warmte en winkeltjies wat ons asems weggeslaan het."
"Ons gasvrou het vir ons 'n bespreking vir 'n bootvaart op die dam gemaak, op versoek. Dit was nogal 'n belewenis en 'n mens besef eers hoe groot hierdie dam werklik is wanneer die kaptein jou die geskiedenis oor die dam leer."
Somerset East (KwaNojoli), Karoo
Aloma House"Die ligging is pragtig - aan die voet van die berge, in ‘n rustige omgewing. Dis omring deur netjiese boerderye, en die pad daarheen is goed."
"Lieflike dorp. Sal beslis moet terugkeer om die ander besienswaardighede, museums en natuurskoon te ervaar."
"Was nie seker waar die restaurante was nie, maar het gou by 'n vulstasie uitgevind."
"It is a town with a lot of history and it can be a worthwhile destination for travellers."