Verified Reviews
Kruger National Park South
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kruger National Park South
Rated 4.6 out of 5 based on 3550 reviews.
Marloth Park, Kruger National Park South
Majuli River House"Marlothpark was aangenaam met baie diere tussen die huise. As mens langs die rivier is sien mense ander diere soos olifante, seekoeie, luiperds and groot voëls ook."
Marloth Park, Kruger National Park South
Marlothi Safari Park"Baie lekker om so in die natuur te bly anders as die toegespande kampe in die Wildtuin self. Mens kan ook leeus hoor in die aande as jul naby genoeg aan die Kruger Wildtuin se grensdraad bly. Mooi teerpad vir 'n hoofpad in die park. Naby genoeg aan Krokodilbrughek as jy die wildtuin wil besoek."
Marloth Park, Kruger National Park South
Bushveld Paradise"Dit is jammer dat daar al meer huise gebou word en die bos-atmosfeer al minder."
Marloth Park, Kruger National Park South
Kameelperd 1352"Die park is die ideale plek vir enige natuurliefhebber. Mens sien en beleef elke keer ietsie nuuts wanneer jy dit besoek. Dis 'n ware juweel van ons land."
Marloth Park, Kruger National Park South
Serenity Du Bois Lodge"It is close to the KNP and we saw lion and elephant at the river bed."
Marloth Park, Kruger National Park South
Big Tuskers Bush Camp"Baie rustige Bosveld-omgewing met maklike toegang tot die Kruger Wildtuin."
Marloth Park, Kruger National Park South
Die WilleTuin"Stunning dorpie op sy eie. Swembaddens, winkels, alles uitstekend."
Marloth Park, Kruger National Park South
Bushbaby Lodge"Het 'n dag saam met Arthur van Southern Kruger Safari die KNP besoek. Beveel Arthur ten volle aan, ken die veld en ken die diere en hulle maniere. Bobaas-dag en -ondervinding gewees. Laai jou by jou akkommodasie op en af, net 'n groot plesier gewees."
Marloth Park, Kruger National Park South
Impala Place"Baie lekker vir iemand wat die natuur wil ervaar."
Marloth Park, Kruger National Park South
Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation"Wees versigtig daar is wilde diere, roofdier ook. Bly naby jou huisie of braaiplek in die aand, dis vir jou eie veiligheid."
Marloth Park, Kruger National Park South
Marula View"Baie rustig buite seisoen, maar te besig oor langnaweke. Nie altyd seker of dit goed is vir die diere nie."
Marloth Park, Kruger National Park South
Siyaya"Marlothpark het al die nodige winkels om te voorsien aan jou behoeftes. Heerlike vriendelike mense en voel dadelik tuis. Wil dit my tuiste maak."
Marloth Park, Kruger National Park South
Siyaya"Baie uitgebrei, en bykans alles is beskikbaar soos benodig."
Marloth Park, Kruger National Park South
Martys Place"Marlothpark is one of our favourite places in South Africa."
Marloth Park, Kruger National Park South
The Three Rondavels"Very interesting. It is so nice seeing the wild in their own environment and walking all over."
Marloth Park, Kruger National Park South
Zazu Cottage"Winkels binne Marlothpark is vreeslik duur, dis beter om Komatipoort se winkels te besoek, Die slaghuis in Marlothpark maak vreeslik baie lekker biltong en chilli-souse!"
"Suidelike gedeelte van die wildtuin verseker dat ons die Groot 5 en al die ander net so belangrike diere gereeld kan sien en geniet. Naby Mosambiek en Marloth. Dis alles 'n belewenis, elke keer."
"As jy by Krokodilbrug wil ingaan, die hek is baie besig. Ons was baie gelukkig om baie wild en die Groot 5 drie keer raak te sien."
"Goeie area vir wild en roofdiere besigtiging. Sightings op teerpaaie kan frustrerend wees weens te veel voertuie."
"Vandat ek die vorige keer daar was tot nou het die ablusiegeriewe agteruit gegaan, maar weet ook nie of dit as gevolg van die COVID situasie en die drastiese beperking op inkomstes van buitelandse toerisme is nie."
"Sal dit vir enigeen aanbeveel wat uit die stad se gejaag wil wegkom en net lekker wil ontspan!"
"Amazing! Incredible sightings even from the Marloth Park side overlooking the Crocodile River."
"A wonderful experience! From Malelane it is very reachable. An ideal spot for visiting Kruger Park with day visits."
"Enigste probleem is ingang (Krokodilbrug) by hek neem te veel tyd in beslag as jy net 'n dag besoeke is. Ons het 1 uur 45 gewag voordat ons uiteindelik betaal het en toe kon begin ry om wild te kyk."
"My gunstelingplek in SA. Die suide van die wildtuin het baie diere. Hulle moet net hulle dag besoekerbeleid duidelik kommunikeer. Baie mense weet nie hulle moet vooraf registreer vir 'n plek by die hek nie."