Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Drie aande na 11 was daar tradisionele Afrika-doop op die strand met diereslagoffers beoefen. Dit was ontstellend om te sien."
"Baie agteruit gegaan, munisipaleteit baie swak diens. Paaie sleg. Kan nie glo so 'n mooi plek so agteruit gegaan het nie."
"Vriendelike dorp en streek. Baie om tesien en te doen. Die uitsig van die Drakensberge van Underberg af is vyfster."
"Dit het pragtige strande, maar die paaie is vol slaggate. Alles lyk maar baie verwaarloos."
"Scottburgh is 'n baie rustige plek om te gaan ontspan, daar is beslis, soos enige ander plek, potensiaal vir verbetering, maar werklik die moeite werd om daar te gaan ontspan. Dorp is skoon, maar baie besig. Maak jouself net gereed vir styl opdraandes. Geniet die see en strand met vriendelike mense oral te vinde."
"The town Underberg itself is very small & does not have many shops. However when going to Underberg do not bank on visiting the town rather spend time outdoors in the mountains with lovely hikes & many outdoor nature based activities."
"Met slegs een toegangsroete na St Lucia is St Lucia baie veilig en as bewaringsgebied 'n moet om te besoek. Ry ook gerus een dag Cape Vidal toe, dis teerpad tot daar."
"Bly weg van Margate se hoofstrand. Die area is baie verwaarloos en lyk glad nie meer veilig nie. Kyk eerder na Ramsgate of meer noord."
"Soos amper alle dorpies op die Suidkus is die agteruitgang baie opmerklik. Dis darem nog een van die skoner plekke wat ek gesien het!"
"Nice plek in die Drakensberge. Net jammer ons regering kan nie die slaggate herstel nie. So pas op en ry stadiger."
"Lekker veilige swemgebied. Strand, rotse, looppaadjies en restaurante. Alles wat 'n mens verwag van 'n vakansie by die see."
"Sal wil sien dat Margatestrand weer blouvlagstatus kry. Margate is naby menigte plekke om jouself te geniet."