Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"As die wildtuin vir jou te duur is, gaan gerus tuis iewers in Marlothpark! Ons was al by verskeie plekke wat regtig baie billik is met hul pryse - wat regtig bekostigbaar is. Ons is absoluut mal oor Marlothpark!"
"We love Marlothpark, but the road from Olifants to Seekoei and Seekoei itself was shocking! Not car friendly and a challenge for a 4x4."
"Hul kan dalk net bietjie die staproete asook die roete wat jy met jou eie voertuie kan ry langs die grensdraad beter instant hou, daar's plekke waar dit vreeslik lelik verspoel het met vorige groot vloede, asook die draad meer instant hou op lyn draad. Die hangbrug-area met uitkyk punt na karavaanpark kan ook beter instant gehou word. "
"Very peaceful and the best moment I liked the most was getting up in the morning with a giraffe only a few meters away from our doorstep."
"Ons gaan gereeld Marlothpark toe. Lekker om net by of Malelane of Krokodilbrug in te gaan in die wildtuin in."
"Daar is 'n paar eetplekke beskikbaar en sekere winkels, maar kostes is maar hoog. Droogtetyd lyk die veld maar sleg en grys."
"Infrastruktuur (grondpaaie) en voetpad (erosie) langs die rivier het aandag nodig. Anders is ons baie lief vir die park."
"Besonders mooi en was wonderlike ondervinding. Kan gerus die bestemming aanbeveel veral vir bos- en natuurliefhebbers wat die skoonheid van natuur en wildlewe waardeer."
"Ek sal Marlothpark definitief aanbeveel as toeristebestemming. Die atmosfeer is rustig en die omgewing pragtig."
"Die paaie kort baie aandag. Die erosiegate langs die lyndraad is baie erg en die grond val al weg teen die pad wat mens op ry."
"Daar was verskeie kragonderbrekings sowel as wateronderbrekings. Die diens by die sleutelontvangs was ook baie onvriendelik en glad nie behulpsaam nie."
"Dis so 'n mooi plek om net lekker rustig te gaan rus en die wild te bewonder. Ek sal daar bly as ek kon."
"Dit was ons 1ste kuier in Marloth en was aangenaam verras deur die groot hoeveelheid wild in die park en die pragtige uitsig oor die rivier. Het dit baie geniet en sal definitief weer gaan."
"Die grondpaaie is uiters swak en plek-plek onrybaar. Die winkel in Marlothpark is ook maar karig toegerus as jy dink hoeveel toeriste van dit gebruik maak."