Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Dit is tans ongelooflik droog by Marloth Park, maar nogtans is daar 'n rustige atmosfeer en kan jy net ontspan. Dankie, het dit geniet."
"My eerlikke mening is dat Marloth nie oopgestel moet word vir groot toeristegroepe nie. Dit is 'n heerlike wegkomplek vir Suid-Afrikaners vir 'n naweek of selfs 'n paar dae. Word hy te veel oopgestel, gaan daar definitief oorvloed van mense by die sentrums wees, veral by die nuwe waterpark. "
"Dis fantasties om so lekker in die natuur te wees. Dis ook 'n bonus om so naby die Kruger Wildtuin te wees."
"Maar net die veiligheid. Verder niks nie. Baie goeie en lekker plek. Wild gesien. Sal Marloth aanbeveel."
"Die park lyk verwaarloos met baie bourommel en sommige huise wat erg verwaarloos is. Vriende het genoem dat Marloth Park agteruitgegaan het, en ongelukkig moet ek (na ons verblyf) daarmee saamstem. "
"In Marloth Park kan jy betreklik naby aan al die diere kom, soveel soos wat veilig is. Inteendeel, hulle is reg rondom jou die heeltyd. Van die rivier af het ons olifante, leeus, renosters, buffels gesien wat nie in Marloth Park voorkom nie. Dis bitter warm, so maak seker jy bly in 'n plek waar lugversorging is. Dis baie naby aan die wildtuin, slegs 20 minute se teerpad. 'n Baie lekker vakansie!"
"The water park is a waste of money. We weren't allowed on the grass, yet they kept letting people in."
"Jabula restaurant het die lekkerste kos, die Bush Centre se slaghuis het die lekkerste boerewors en het 'n paar oulike winkeltjies. Die Boskombuis het die lekkerste melktert en die tuisnywerheid by die ander winkelsentrum het die lekkerste eetgoedjies. Ons sal beslis weer by Marloth 'n draai gaan maak."
"Marloth Park is an excellent place for those who love nature and who are comfortable with having animals roaming the area. Bordering on the Kruger National Park means that one can do sundowner-drives along the perimeter fence and see many different animals. We saw numerous elephants, giraffe, impala, lions and rhinoceros in the two drives we did. Marloth Park is also ideally situated to use as a springboard for trips into Kruger. "
"Die restaurante in Marloth Park is sub-standaard en die keuse van kos is baie beperk. Die diens laat veel te wense oor. "
"Kan nie wag om weer Marloth Park te besoek nie. Moontlik kan aandag gegee word aan 'n chemiese toilet of 2 by die hoofuitkykpunt."
"Marloth Park het sy eie atmosfeer. Die vakansie-atmosfeer laat mens ontspan en omdat daar geen haas is nie, het ons vir 'n hele week nie nodig gehad om ons horlosie dop te hou nie. Die park self is baie goed bestuur en die diere daar het ons laat besef hoe mooi ons land is. Marloth Park se diere en sy mense is baie spesiaal en ons hou ons volgende vakansie weer daar."
"Grondpaaie binne die park kort bietjie opgradering vir klein voertuie."
"As jy wil rus en die natuur geniet is Marlothpark definitief die plek. Ons sal die park weer besoek."
"Pragtig bestemming vir 'n rustig paar dae vakansie. Op die oomblik is dit nog baie droog en vaal na die winter, maar ons bid vir goeie reën sodat die diere weer kan terugkom."
"Dit hang baie af van waar jy bespreek. Hoe nader aan die rivier, hoe beter. Pryse wissel van baie bekostigbaar tot duur. "
"Make sure you pack your food. We forgot our tinned goods and had to pay almost double at the little shop, although they do have all the basics. This was our first time there, and Marloth Park is definitely worth returning to. As long-time Kruger visitors, and lovers of solitude, we enjoyed it thoroughly. It is worth mentioning that we went in during the week not over the weekend, and it may not be as peaceful if very busy. "
"Marloth Park is die ideale bestemming as jy as dagbesoeker die Kruger wil besoek. Net jammer die toeriste is sulke morsjorse en besoedel die veld met hulle papiere en bottels."