Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Lekker diere gekyk. Besighede regtig baie goed."
"Marloth Park begin plek-plek agteruit gaan, dit is regtig een wonderlike plek, maar daar is glad nie behoorlike beheer oor wie in en uit die park gaan nie, daar is vreeslike baie rondlopende locals (werkers) en mens hoor gereeld van diefstal, mens begin die veiligheid bevraagteken en so dikwels wanneer jy deur Olifantstraat ry is daar so baie werkers wat langs die paaie sit en wag vir hulle vervoer en dan is daar ook plek-plek baie vuilgoed wat rondlê en dit alles begin die natuur gevoel weg vat. "
"Die winkel in die 'dorp' se personeel was nie baie behulpsaam nie en items was verkeerd geprys."
"Mens aanvaar dat die bedoeling van die Park seker is om die natuur in sy oorspronklike vorm te bewaar. Ek het nie beswaar teen grondpaaie nie, maar dit lyk of baie min onderhoud aan die paaie gedoen word. Beslis 4X4-paaie. Die bankies wat uitsig bied oor die rivier sou sekerlik baie meer doeltreffend wees indien dit onder koeltebome geplaas is. Seekoeistraat bied ook bitter min parkeeerruimte indien 'n mens wel die bankies wil gebruik. Lyk nie vir my of toerisme eintlik hoog op Marloth Park prioriteitslys is nie."
"Omgewing is baie mooi! Presies die regte plek as jy die Kruger Wildtuin wil besoek. Soek net vir 'n blyplek nader aan die rivier dat jy die diere ook kan bekyk."
"Very conveniently situated right by Kruger Park. An easy trip to the park if you wish to take a day trip. The accommodation is rustic while still being modern thus able to blend the best of both worlds. Great place to vacation away from the noise of the city."
"Heerlike atmosfeer. Voel of ons deel van die wildernis was. Veral met die diere wat sommer besoek terwyl ons in die swembad ontspan. Die mense was almal vriendelik en behulpsaam en laat mens sommer deel van die gemeenskap voel. Indien daar enigsins iets was om oor te kla, dan was dit miskien die toestand van sekere van die grondpaaie. Die winkels in die park voorsien ook in meeste van dit wat nodig is vir die verblyf hier. "
"Het self voorheen voltyds daar gewoon en gaan hou nog steeds vakansie daar. Baie lekker plek om te rus."
"Ek lief Marloth park. So rustig en mens voel sommer naby aan jou skepper om so in die bos te kan sit en natuur te kan aanskou. "
"Marloth Park het dalk bietjie in die omgewing verander, maar die rustigheid om jou plekkie bly altyd 'n oase en rus vir jou siel."
"Die paadjies tussen die huise was op sommige plekke amper onbegaanbaar weens verspoeling."