Verified Reviews
Modimolle
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Modimolle
Rated 4.1 out of 5 based on 304 reviews.
"Tragiese, depressiewe dorp waarin ons nooit sal gaan woon nie. Geen "warmte" of groen gras of 'n mooi spuitfontein en 'n teken wat sê "welkom" nie. Oud en verwaarloos."
"Ons het net 'n stil wegbreek gesoek en dus nie na ander toerisme aantreklikhede gekyk nie. Was wel in die dorpie om paar basiese goed te koop en het die Saterdag se Wintermark besoek en geniet."
"Heerlike ontbyt geëet by Lillies & Limes. Om by Hunky Dory koffie te drink en in geskenkewinkel rond te kyk, is 'n moet."
"Ons glo dit is 'n ideale toeristebestemming. Kan gerus meer bemark word."
"Modimolle lyk soos enige ander dorp in die nuwe Suid-Afrika. Dit is nie iets wat ons kan beheer nie tensy die regte mense weer aan bewind kom."
"Vir 'n Bosveldbestemming is dit baie mooi en daar is darem genoegsame winkels om die nodigste aankope te doen. Die paaie in die dorp het wel aandag nodig, soos die meeste klein dorpies op die platteland."
"Convenient stop-over especially for people with an interest in birding given the close proximity of Nylsvlei."
"Ons was in Modimolle vir privaat besigheid. Die omgewing is baie mooi en rustig. Die inwoners is baie behulpsaam en vriendelik."
"Lekkerste dorpie wat ek by gekuier het in 'n baie lang tyd. Sal my beslis weer sien."
"Ai, die kwalitiet van die state. Daardie swaarvoertuie verrinneweer ook maak die teeroppervlak. Jammer dat die munisipaliteit nie meer aandag daaraan skenk nie."
"Goed beplan. Veilig gevoel. Netjies. Kan aanbeveel word. Dis lekker om soms by 'n restaurant ontbyt te nuttig saam met familie en vriende."
"Modimolle was nog altyd 'n lekker plek om te gaan vir 'n wegbreek."
"We went to Koro Creek Golf Estate for lunch, which was really very pleasant. The food was lovely and very reasonably priced and the surroundings were peaceful. I'm not familiar with Modimolle as a travel destination."
"Modimolle is a hidden or unknown tourist destination but it has wonderful views of beautiful landscapes. More should be done to put this area on the map."
"Ons voertuig het gebreek en ons is Saterdagoggend 8h00 gehelp by Johan teen bekostigbare pryse. Almal daar is behulpsaam en vriendelik!"
"Die Modi Mall is beslis 'n aanwins vir Modimolle-inwoners. Koro Creek Bushveld Gholfbaan is 'n moet-speel - baie bokkies loop rond. Castle De Wildt moet ook besoek word - dit is nou oop vir publiek en etes word bedien."