Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Alle banke en winkels wat ’n reisiger sou benodig. Vriendelike diens en ’n lekker stop op reis."
"Die dorpie het ons nogal verras. Ons het net 'n oornag-bespreking gehad, maar van wat ons kon sien is die dorpie veilig, skoon en het basies almal groen tuine."
"Vir ons was dit die roete op ons reis. die eetplek was goed en die dorp, lyk veilig."
"By the time we reached there, everything was closed. It was a pity, because we love museums etc."
"Die ouwêreldse sjarme van die dorp met sy vriendelike mense en unieke Karoonatuur, maak Victoria-Wes 'n besliste moet op jou toerprogram!"
"Die Augrabies Waterval is tog 'n moet sien en die wingerd lewe rondom dit is mooi, die wyn is lekker."
"Ons het paar roetes gedoen. Kokerboomwoud, Augrabies, dagbesoek aan Riemvasmaak. Die vriendelikste mense en lekker kos en wyn. Weer was warm in die dag en koel saans. Besonderse bestemming."
"Een van die goed om te gaan aanskou is die solar plaas. Jy kan nie alles sien nie, maar net die gedeelte wat jy kan is besonders."
"Dis maar 'n ou klein dorpie. Moeilik om te oordeel, aangesien ons net deurgery het."
"Dis 'n mooi plekkie met oulike restaurante, maar was ongelukkig baie besig toe ons wou gaan uiteet, ons het maar uit bokse geëet!"
"Het nie De Aar as toeristebestemming besoek nie. Soos ons gesien het, min plekke om te gaan uiteet."
"Wees maar voobereid vir etes as jy met troeteldiere reis, daar is net een restaurant wat nie diere toelaat nie."
"Baie arm gemeenskap met waterprobleme en maar ook die deursnee probleme van klein Weskusdorpe wat sonder enige werkskepping moet bestaan. Die Dop en Kreef Restaurant is darem 'n lekker eet- en kuierpunt en is seker die 100 km-grondpad werd om te besoek."
"Mooi dorpie. Ek het nie tyd gehad om daar rond te loop nie."
"Uhh, o ja, daar is 'n baie lekker koffiewinkel (iets van 'n ou meule) en eetgoed (ete) as jy te lui is om op die gasteplaas te gaan braai - en gaan kyk na die kerk."
"Besoek regtigwaar die Tieroog-blokhuis op die koppie - gebou deur Britse soldate in die Anglo-Boereoorlog."