Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Ek sou graag bietjie langer wou bly op die plaas om die rustigheid volkome te geniet. Volgende keer."
"Hierdie dorpie is karoo in die volle sin van die woord. Presies soos ek my dit voorgestel het. Mens stap deur die dorp want vir deur ry is die dorpie te klein. So mooi en so spesiaal! Elke mens wat verby jou loop of ry groet asof jy op hulle stoep hoort."
"Sou langer hier wou tyd spandeer om regtig 'n goeie mening te kan gee. Dit is tans bitter droog in die deel van Suid-Afrika, maar dit verstom my dat die dorpie en gemeenskap steeds planne maak en moed hou. "
"Kuruman het deesdae ‘n hoë kriminele element. Dorp is onveilig, ‘n groot jammerte want dit is so ‘n mooi deel van ons land."
"Almal is baie vriendelik, groet en vra waar kom die "uitlander" vandaan en waar gaan jy heen. Die stil omgewing bring rus vir die siel en moeë lyf. "
"Ek het net een keer in 'n gastehuis oorgeslaap wat 'n hoë standaard gehad het. Hanover skep , as 'n dorp, die indruk van 'n redelik armsalige plek met baie armoede. Maar sy ligging tussen die Kaap en Gauteng het sy voordeel wat benut kan word."
"Colesberg is die ideale dorp om oor te slaap vir reisigers wat vanaf Gauteng na die Wes-Kaap op pad is. Mooi ou geboue en genoegsame restaurantjies en koffiewinkels vir besoekers wat nie selfsorggeriewe het nie."
"Wat 'n verassing. Ons het nog altyd net in 'n motel geslaap en aangery. Vir die eerste keer kon ons die oulike, netjiese dorpie bietjie meer ontdek. "
"Whenever we stop in Colesberg, we always go to Plattelander for the best lamb chops ever."
"Die dorp self kort werk. Die ander plekke langs die rivier is verskriklik baie vervalle. Dit kan 'n fantastiese mooi dorp wees maar hulle munisipaliteit gaan moet uithaal en wys. "
"Soos reeds genoem, sal dit baie help as behoorlike straatname op hoeke van strate aangebring word, ten einde 'n rondvraery en gesoek te vermy. "
"Ons het baie lekker gebly in Carnarvon en verskriklik lekker geëet by Lord's Kitchen."