Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Dorp het alles wat jy nodig het. Party besighede kan maar bietjie vriendeliker wees. Ons is met vakansie en hou van' n glimlag. Dis 'n baie lekker dorpie met eetplekke winkels, slaghuis en hotel. Daar is baie plekke om te besoek terwyl jy daar bly. "
"As jy wil wegkom van die stadsgejaag is Loeriesfontein die plek. Skoon, blou lug, rustigheid en vriendelike mense. Jy kan gaan asemskep."
"Was net die nag daar en sou wou langer bly om meer te sien en te ervaar."
"Really just travelling through so no time to explore, but very beautiful area."
"Soos die res van Kimberley word die paaie nie onderhou nie en slaggate is oral in Kimberley, Lindene ingesluit. Dit is nie 'n refleksie op die gastehuis nie, maar wel op die Sol Plaatjie munisipaliteit se swak onderhoud."
"Ons het na die Oog gaan kyk. Onduidelik waar om toegang te kry. In hoofstraat ingestap. Personeel en persone is baie vriendelik."
"Die mooiste Karoo-dorpie met baie om te sien en te ervaar. Heerlike etes by die Plaaskombuis."
"Google eers die geskiedenis van Williston (of selfs enige klein dorpie) en jy sal sien hoe baie skatte jy by hierdie plekkie kan ontdek."
"Van die dorp af kan 'n mens in alle rigtings ry vir blomme. Het nie wonderlike eetplekke nie."
"Goeie halfpad rusplek naby die N12. 'n Ekstra dag of twee kan dalk 'n belewenis wees. Versiering en kamers van uitstaande gehalte."
"Klein dorpie met groot potensiaal. In 'n goeie blommeseisoen is daar baie plekke om te besoek en te bekyk. "