Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Altyd lekker om daar oor te slaap. Uitstekende restaurante. Vriendelike inwoners."
"Onveilig in dorp, maar vriendelike mense en baie aangename Spur help nogal."
"Ek wou nog altyd Namakwaland sien die plek het my van skool dae af gefassinieer. Nou na soveel jare het ek die voorreg om die plek te kan sien, Dit was 'n belewenis om in Springbok te kon wees, ek wens net ons kon langer daar tyd daar deurbring."
"Die dorp self bied nie so baie soos die ander 2 nie, maar die omgewing is mooi en daar is die nuwe Meerkatprojek en ons is lief vir voëls kyk en is ryklik beloon met 3 Witkruisarende Geelbekeende, Kopereende Rooipoot Elsies ens."
"'n Pragtige dorpie met baie oulike besoekpunte, werklik die moeite werd om te besoek! Baie vriendelike inwoners gesels graag. Die Rooi-granaat restaurant/winkel is 'n groot bydraende faktor in die geselligheid van die dorp. Tuine is pragtig."
"Dorp het baie agteruit gegaan vandat ek laas daar was. Baie jammer want dit is oulike dorp. "
"Ek het 'n baie rustige en veilige tyd spandeer en sal beslis weer daar inboek."
"Dit was vir ons interessant om Colesberg te sien en te beleef. Die tyd was net te kort om werklik te kan kommentaar lewer as toeristebestemming aangesien ons bloot oorgeslaap het."
"Klein dorpie, maar die ligging naby aan die Kgalagadi park maak dit 'n goeie oorblyplek vir die wat nie self binne die park kan bly nie."
"Sekere areas het soveel potensiaal, maar dit kom voor of daar nie baie belangstelling is om die toerismebedryf te bevorder nie. "
"Springbok is regtig 'n juweel in Namakwaland, mense is almal baie vriendelik en behulpsaam met aanwysings en aanbeveling vir eetplekke en enige navrae. Daar is meer as net klip en sand in Sprinbok. 'n Mooi natuurskoon, anders en dit baie geniet. "
"Hondeklipbaai vat jou terug in tyd. Mens leer weer hoe om mens te wees, dankbaarheid is oral te siene in die dorp. Die veiligheid van die dorp was iets om aan gewoond te raak, veral as jy van Johannesburg kom. As jy soek vir 'n rustige atmosfeer is dit die plek vir jou. Honde is ook natuurlik oral welkom in die dorp."
"Indien jy baie ver moet reis (ek was op pad Lady Grey toe), is Colesberg 'n goeie afstand om te oornag. Daar is heelwat eetplekkies asook 24 uur kitskos restaurante o.a. 'n KFC deurry."
"Die plaaslike owereheid moet kyk na die infrastruktuur, want Carnavon het baie om aan 'n besoeker te bied. Veral die Blikkies Bar & Grill was 'n groot aantrekkingskrag. "