Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"OWK (Oranjerivier Wyn Kelder) proelokaak en restaurant in Upington moet beslis besoek word."
"As jy van die Karoo hou, gaan kuier in Williston op jou roete. Gaan slaap by Oliveira Selfsorg en eet heerlik by Manna restaurant of braai Karoolam van Karusaf!"
"Die watervalle self is 'n belewenis en wonderlik om van naderby te aanskou. Augrabies self bied nie veel aan nie, maar dis my persoonlike opinie, want ek het dit nog nie verken nie. "
"Keimoes is 'n baie oulike, klein dorpie. Verkies dit bo byvoorbeeld Upington, of selfs Kakamas. Dit kort net 'n oulike kroeg of restaurantjie waar jy op die stoep kan sit en uitkyk oor die landskap, terwyl jy sundowners drink. Love Keimoes."
"Books, books and books. Beware - only Diesel 10 is available at the garage (they call it Diesel 50 low sulfur or something like that!)"
"Daar is nie veel om te doen hier nie, en die stadsraad maak die dorp nie skoon nie. Baie swak!"
"'n Klein juweel in die Karoo. Ons het 8 uur die aand deur die stil, pragtige dorpie toon gestoot. Die skoon, netjiese strate en vriendelike mense het ons dadelik tuis laat voel."
"Dis vir ons meer 'n oornagplek op pad na die see. Goeie middelpunt van reis. Ek dink jy sal lekker 'n dag die omgewing kan ontdek, maar is nie 'n vakansiebestemming nie."
"Aandete by De Werf restaurant was uitstekend, die lamskerrie was goed voorberei en aangebied. Die ligging is goed en die atmosfeer baie rustig. Word aanbeveel."
"Calvinia is regtig 'n pragtige Noord-Kaapse dorp, veral die vleis is heerlik en die mense vriendelik."
"Keimoes is 'n pragtige plek met die Oranjerivier en al die boerdery-bedrywighede wat daar plaasvind. "
"Daar is nie veel vir 'n toeris om te doen nie, maar dit is 'n gerieflike oorslaapdorp as 'n mens op pad is iewers heen."
"Ons het net verbygery en nie die dorp self gesien nie. Die dorp is wel gerieflik geleë as 'n mens langpad ry. Die N12 vanaf Hopetown oor Britstown tot by Drie Susters is regtig baie goed met baie rusplekke wat mooi skoon is, en dis meer gesê as vir die orige 1130 km wat ons nou deur die land gery het."
"Upington is 'n wonderlike plek met vriendelike mense, so baie dinge wat mens kan aanskou, en waardeer die rivier. Dis die mooiste."
"Daar is heelwat te sien in die omgewing, veral as jy bereid is om die grondpaaie te ry. Die dorp se paaie is in baie swak toestand. Daar is egter 'n lekker groot Spar en paar eetplekke. Die mense van die omgewing is baie vriendelik en gesels graag."
"Pragtige ouwêreldse huisies in die meeste strate. Baie huis- en gastehuiseienaars besig om te verf en te bou, alles in die outentieke styl van die dorp. Museum met Anglo-Boereoorlog uitstallings en karretjie-mense was interessant. Ons het net een aand gaan uiteet. Effense swakpunt is dat die restaurant naby ons gastehuis se etes redelik vervelig was. Ons kan nie kommentaar op ander restaurante lewer nie."