Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Baie skoon, veilige strande, heerlike atmosfeer, wonderlike eetplekke en als binne bereik."
"Bettiesbaai is 'n plat-op-die-aarde-kusdorpie wat lafenis vir die siel bied. Heelwat om te sien en doen in die nabye omgewing."
"Doen moeite as jy 'n 4x4 het en ry op die grondpad verby die Waenhuiskrans-grot tot aan die ander kant van die baai. Ons het elke dag walvisse 50 meter van die kant af daar gesien. Besoek ook Willeens se eetplek / winkel in Kassiesbaai se visvangdorp. Dit is die moeite werd."
"Vir toerismebedryf sal dié werk as jy stilte soek. Daar is nie baie mense van so aard dat die strand vol is nie."
"Swellendam het baie karakter met al die historiese huise en geboue. Interessante winkeltjies, restaurante en koffiewinkels. Daar is baie piekniekplekke en staproetes en natuurreservate in die omgewing en dan natuurlik die pragtige Langeberg."
"Serene, picturesque, laidback and definitely a place where I'd like to hide from the rest of the world. "
"Witsand is waarskynlik ons #1 gesinsbestemming. Indien liggies en vermaak jou voorkeur is, hou verby, maar as jy meer natuurlike kwaliteittyd saam met jou gesin wil spandeer, dan is Witsand 'n uitstekende opsie. Walviskyk, visvang, duine hardloop en vis eet by Tekkies se restaurant is maar net 'n paar van die hoogtepunte wat ons weer en weer beleef wanneer ons Witsand besoek."
"Ons het die waterfront baie geniet, met bands wat speel, genoeg eetplekke om van te kies. Die Country Market was heerlik! Grotto beach is 'n moet."