Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Gansbaai en De Kelders en omgewing is pragtig, die plek word silwer skoon gehou, nêrens word mens gepla deur bedelaars soos in ander vakansiebestemmings nie. Die mense van die dorp is baie gasvry en hulpvaardig. Ons gaan definitief weer daar kuier. "
"Pragtige dorpie. Lekker koffiewinkels en restaurantjies. Goeie grondpaaie om te draf en fietsry. Rustige atmosfeer."
"Stuisbaai was beautiful, a bit windy the 1st day but we still enjoyed it. Ate at a few places and the food was nice."
"Oor die jare het dit in 'n baie bedrywige dorpie ontaard en miskien bietjie van sy karakter ingeboet, maar steeds 'n wonderlike bestemming om te besoek."
"Ons kan sien hoekom hulle Dorp van die Jaar 2021 gewen het. Ongelooflike ou argitektuur, winkeltjies, restaurante en kulturele bedrywighede. Wonderlike bestemming vir 'n wegbreek naweek uit die stad!"
"Grabouw het definitief die potensiaal om 'n uitstekende toeristebestemming te word. Ek dink net hulle moet werk aan hulle gasvryheid."
"Hermanus het baie om te bied. Baie besienswaardighede. Eetplekke uitstekend. Baie omliggende dorpies om te besoek. Baie mooi natuurskoon op pad soontoe. "
"Onthou daar is baie beperkte winkels, en niks wat op 'n Sondag middag oop is nie."
"Die see-bamboes is 'n probleem, maar ons besef dit is 'n natuurprobleem. Gelukkig maak die munisipaliteit die strand gereeld skoon."