Verified Reviews
Still Bay West
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Still Bay West
Rated 4.7 out of 5 based on 176 reviews.
"Baie mooi dorpie, redelik baie om te doen, net bietjie ver van die strand af."
"Dit was heerlik om Stilbaai te verken. Dit is regtig 'n baie mooi en rustige dorp en definitief 'n kuier werd. Ons het als gaan voer by die Pallinggat, gaan kyk na die visvywers van die Khoisan, van die staproetes gaan stap en na die walvisse in die baai gekyk. En daar is baie oulike winkeltjies om te besoek."
"'n Veilige en vriendelike dorp. Nog baie ruimte vir verbetering. Miskien die moontlikheid van 'n winkelsentrum met groot name sal ideaal wees."
"Stilbaai is 'n baie veilige dorp met baie min haweloses en bedelaars wat dit ekstra lekker maak. Daar is 'n paar opsies vir lekker eetplekkies en oulike winkels."
"Dit was ons eerste besoek aan die gebied. Eerste indrukke was die natuurskoon en die netjiese, rustige omgewing."
"Pragtige omgewing, maar nie veel anders om te doen. Restaurante in Stilbaai het geen idee van kliëntediens nie."
"Ons verkies Stilbaai-Wes. Lieflike strand en baie dekor winkeltjies en eetplekke naby."
"A magic little town with an easy feel and friendly people. Not far off the beaten track (N2) and a real pleasure, it's like going back in time."
"Wou vars vis eet, maar 2 gewildste vis eetplekke kon/wou nie help nie. Wat van "Jy kan solank ietsie bestel om te drink en wag vir die volgende tafel om oop te gaan" Dink hul kan hul kliëntediens opknap, maar sal nie almal oor dieselfde kam skeer nie, het heerlike pizza gekoop by 'n baie vriendelike man naby Spar, ten spyte van 'n besige dag was hy steeds vriendelik."
"Daar is net een toegang tot die dorp. Die verkeer is `n probleem in vakansietye, maar dis heerlik by ons akkommodasie gewees."
"Silwerskoon dorp, ons kom van die Oos-Kaap en ek wil nie politiek hierby betrek nie, maar dit verskil hemelsbreed van hoe dit hier by ons lyk! Ons sien met verlange uit om julle weer te besoek!"