Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Doringbaai is 'n seedorpie wat baie potensiaal het en wat aan 'n mens se elke behoefte kan voorsien."
"Mooi dorpie met goeie instandhouding. Min restaurante oop op Maandae en Dinsdae buite skoolvakansies."
"Wonderlike plek, wens net daar kon meer eetplekke wees waarna mens kan loop."
"What a beautiful holiday getaway destination - it offers everything to make for a good holiday."
"Although close to Cape Town and rapidly expanding still retains the West Coast charm and is relatively quiet and relaxing."
"Ons is baie lief vir die Weskus en het hierdie keer die binneland rondom Piketberg besoek. Ons was regtig beïndruk met die wyse waarop die dorpies in stand gehou word - dit is skoon en daar is niks vervalle soos wat ons in ander dele van SA sien nie. Veels geluk aan die Rade wat so mooi na die dorpies kyk. Myns insiens is die Weskus 'n toeris se droom en toerisme kan steeds uitgebou word. Die Weskus bied iets van alles: museums; markies; wynplase; sitrusplase; rooibostee plase; en ons ontdek toe ook bloubessieplase in Kapteinskloof; daar is die pragtigste bergfietsroetes; staproetes in verrassende groen valleie met riviertjies en fonteine. Te veel om op te noem. Ons het ook die gevoel gekry dat dit veilig is om in die natuur te wees - ons wens dit kan so bly aangesien die natuur bewaar moet bly vir ons nageslag en ook helend vir die mens is. "