Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Besoek gerus Isabella's Restaurant by die hawe vir die heerlikste vis! Lieflike rustige dorp met 'n groot hart! Perfekte dorpie om rus en vrede te vind."
"Klein plekkie met minimale winkels wat vars produkte verskaf. OK Grocer is nie op 'n redelike standaard nie en vars produkte is af."
"Yzerfontein is baie stil, perfek vir mense wat juis wou wegkom van die alledaagse gewoel van die stad. Daar is wel 'n paar holtetjies waar mens bietjie kan uitkom en meer van die locals kan ontmoet. Een so 'n plek was Die Rooi Granaat, 'n klein maar fancy restaurantjie in die hartjie van Yzerfontein. Die mense was so vriendelik en verwelkomend, en die kos hemels! Geen kuiertjie in Yzerfontein sal die moeite werd wees sonder om daar ook 'n draai te maak nie. Dit was vir ons die cherry op die koek van ons vakansie in Yzer. "
"As 4x4 toeroperateur sal ek steeds die Weskus as bestemming bemark, maar nie noodwendig Abelone nie..."
"Very nice little town, even though it is not to far from Cape Town you feel like you are far away from the city life."
"Weskus het besonderse bekoring en so ook Langebaan. Sal enige tyd teruggaan. "
"'n Baie lekker rustige dorp met genoeg van die basiese fasiliteite wat benodig word. Naby Kaapstad geleë vir 'n dagbesoek aan Kaapstad."
"What a fantastic town, we really enjoyed Langebaan. Will definitely visit Langebaan again."
"Dis 'n moet sien as jy nog nie die deel van ons land gesien het nie. Naby aan juwele soos Jacobsbaai, Paternoster en Tietiesbaai om maar 'n paar te noem."
"Ons het dit ongelukkig getref dat die Lagoon Fees aan die gang was, en parkering om by 'n eetplekke uit te kom was bykans onmoontlik, maar Langebaan is 'n baie aangename bestemming en ons sal dit sterk aanbeveel!"
"Daar was 'n fees gewees die naweek wat ons daar was maar was baie swak geadverteer. Dink hulle kan regtig daaraan werk. Verder is dit een awesome dorp."
"Ons het 'n troue by Die Strandkombuis bygewoon en die kos was heerlik!"